Wees Rustig asseblief?

121 2 0
                                    


So hierdie sal my eerste amptelike Afrikaanse romanse wees wat ek skryf in byna twaalf jaar. Ek is maar roeserig en moet in skaamte erken dat ek kort-kort die woordeboek nader getrek het opsoek na die regte Afrikaanse woord...


Neem asseblief kennis dat hierdie verhaal nog nie voltooi is nie - met die roeserige Afrikaans, die Engelse boeke wat vrygestel is (amptelik deur uitgewers in Amerika - knyp my asseblief?!) en nogsteeds voltydse werk en my gesin om na om te sien, het Wattpad slegs 'n stokperdjie geword. Ek het 'n hele paar hoofstukke reeds voltooi, maar gaan vir eers net twee of drie hier oplaai. Soos ek nog een byskryf sal ek nog oplaai sodat daar ten minste nog voltooide hoofstukke alreeds reg is terwyl ek probeer om die boek klaar te skryf.


Hierdie boek deel met mishandeling, so moet asseblief nie lees indien jy 'n sensitiewe leser is nie.


Hierdie boek is ook glad nie geproef lees nie, so moet asseblief nie verder lees as jy 'n kritiese kla kous is nie. Ek doen hierdie vir pure plesier en ontspanning en het regtig nie ander mense se negatiewe opinies nodig nie so hou dit vir jouself en hou net op lees as jy nie daarvan hou nie.


Baie dankie - ek het nou kla waarskuwings uitgedeel en hoop julle geniet hierdie een...


Stel

Donker Is Die NagWhere stories live. Discover now