Simoné

110 2 0
                                    

Tip-tap, tip-tap, tip-tap.

Ek geniet dit om te sien hoe die water onder my verweerde tekkies spat as ek stap. Dit trek my gedagtes af van die feit dat ek pap nat gereën is en nog nege blokke het om te stap voor ek die veilige beskutting van die Hoërskool sal breik. Ek trek my oorgrootte baadjie verder oor my kop, nie dat dit my teen die reën, die koue of die wind beskerm nie, want selfs die is ook reeds deurdrenk. Ek sug en skuif my rugsak reg, uiters versigtig dat dit nie my broos, gekneusde rug nog verder seer maak nie. 'n Vinnige blik na weerskante van die pad voor ek die teer op 'n drafstappie oorsteek. Nou is dit net nog agt blokke. Ek dank die Vader dat my aangenome pa, Raymond, twee jaar terug op die klein plattelandse dorpie besluit het. Ek is weet nie presies hoekom ons moes getrek het nie, maar ek is seker dit het iets te doen met al die voertuig onderdele wat hy van die werk af gebring het en verkoop het vir dobbel geld. Ek rol my oë as ek daaraan dink. Negentig persent van die tyd is daar skaars kos in die huis, vars brood en melk het ek die laaste agt maande of so, slegs op advertensie borde in die dorp gesien, maar hy kan elke aand honderde rande uit dobbel en drink. Ek skud my kop, nie nou bitter word nie... dis nog net ses maande dan kan ek my matriek sertifikaat kry en uiteindelik uit hierdie hel uit verdwyn. Die noodlot is nie my grootste vriendin nie, sy is eintlik nogals redelik tewerig met my vir so lank as wat ek kan onthou. Grootgeword in die weeshuis, gehoop om aangeneem te word maar mettertyd het ek te oud geword daarvoor. Meeste mense verkies mos om babas aan te neem. Dit was uiters vreemd vir almal toe Raymond se eks vrou my gekies het uit al die groot, blou oog babas wat daar was. Ek was op daardie stadium twaalf jaar oud en het gedink ek gaan uiteindelik ook deel wees van 'n liefdevolle huisgesin. Was ek nie in vir die grootste ontnugtering van hierdie dekade nie... Intussen het Charmaine net daar aangekom en my gekies sodat Raymond 'n nuwe kok en slaan sak gehad het. Ek was skaars 'n week daar voordat sy in die middel van die nag verdwyn het soos 'n dief in die nag. 'n Dief was sy wel, want daardie volgende oggend is ek wakker geruk en het ek vir die eerste keer in my lewe 'n plat hand deur my gesig gekry. My jeug was in daardie oomblik van my af weggeruk.

Ja nee, ek moes voor my tyd groot word. Leer om dood stil in die huis rond te sluip, altyd die huis skoon te maak, kos maak sonder teëpraat en veral glad nie met Raymond praat tensy hy 'n vraag aan my stel nie. Ek het aan die begin prober keer, terug baklei, wegloop. Niks het gewerk nie, waarheen sou ek in elk geval weggeloop het? Elke wolkie het tog 'n silver randjie. Ek is immers nou, op die ouderdom van agttien 'n baie goeie kok wat met bitter min bestandele 'n uitstaande dis kan optower. Nie dat ek altyd my kos proe nie - ek mag slegs eet wat oorbly nadat Raymond, en soms sy luidrugtige vriende, klaar geëet het. Dis die rede hoekom my klere altyd te groot is vir my. Klere wat die vriendelike tannie van die SAVF vir my bring. Raymond het ook vining geleer om nooit sigbare merke te los nie en ek het geleer om nooit uit te praat nie. Ek het 'n dak oor my kop, klere aan my lyf en kan gelukkig skool toe gaan. Party meisies my ouderdom staan in die aande op die straathoeke en verkoop hulle lywe net vir ietse te ete. Daar is altyd iets om voor dankbaar te wees. Ek moet net vasbyt, ek het reeds aansoek gedoen om na skool in Ierland by 'n hospitaal myself te gaan kwalifiseer as 'n verpleeg suster. Die tannie van die SAVF het my baie gehelp en my vertel van die program. Hulle betaal jou kursus en jy teken 'n kontrak om vir tien jaar daarna aan te bly by die hospitaal. Gelukkig het Raymond my gedwing om in die middae na skool te werk as 'n kelnerin by een van die dorp se gewildste restaurante. Ek was presies en netjies in my werk en het baie fooitjies gekry, waarvan ek nie alles vir Ray gegee het nie. Dit het my gehelp met my paspoort en die hospitaal is bereid om die helfte van my vliegkaartjie te betaal. Ek moet net bo negentig vir al 8 van my vakke kry. Jip, ek het inderdaad twee ekstra vakke. Ek het gelukkig nie vriende nie en ook nie tyd vir sport nie. Ek mag nie TV kyk nie en teen die tyd wat ek in die aande na my skof by die huis aankom is daar in elk geval nie tyd vir sulke luukshede nie. Ek werk hard en ek studeer selfs harder, maar ek weier om 'n slagoffer van my omstandighede te wees. Ja, my liggaam is wel swak, maer en afgeknou maar my gees sal niemand breek nie.

Die skool kom in sig en gelukkig het dit opgehou reën so ek vat 'n oomblik en trek my baadjie uit en probeer dit saam met my hare so bietjie uit te droog. Gelukkig het ek 'n swart sak oor my tas getrek, die laaste ding wat ek nou nodig het was om al my boeke nat te hê. Rekord eksamen begin volgende week en... my gedagtes word ru geonderbreuk toe 'n groot Toyota bakkie wat 'n groot geraas maak verwaand verby my jaag en my van voor af pap nat spat. Ek kyk op en kan net-net die bestuurder sien en hoe hy die ou langs hom 'n hoë vyf gee. Ja ja, ek weet vir almal klink daardie term REGTIG ouderweds, maar my lewe is sleg genoeg, ek hoef regtig nie my taal ook te versies met Engels nie. Maar die Engelse het wel een ding reggehad wat ek op hierdie oomblik ten volle mee saam stem.

Soms is die lewe maar net 'n feeks.

Donker Is Die NagWhere stories live. Discover now