Hoofstuk 1

31 1 0
                                    

Hierdie boek is nie gebasseer op enige feitelike gebeurtenisse nie . Alles en almal genoem in die boek is fiktiewe karakters . En die vloek van Transvalia Straat 15 bestaan nie .

OF DOEN DIT??

Ons storie speel af in Suid-Afrika , in 'n klein dorpie iewers in die Noord Kaap gebied , met die naam van JakkelsDrif .

Jakkelsdrif is 'n plaas dorpie wat slegs aan die lewe gehou word deur die boere en die 155 inwoners van die dorp . Enige toeris wat deur die dorpie ry sal vir jou se dat dit 'n mooi skoon dorpie is .

Stil.

Stille waters diepe grond , onder dwel die duiwel rond .

Die mense van die dorp was tog altyd vriendelik en almal ken mekaar. Tot eendag , toe daar 'n nuwe , onbekende gesig verskyn het in die dorp, iemand wat onwetend olie op die vuur gaan gooi en die duiwels in Jakkelsdrif laat verskyn .

Hierdie persoon is Ruan Gertsinburg , hoof joernalis en skrywer vir die Daily Sun . Of well , hy was gewees. Nou werk hy vir die Jakkels nuus . Die klein plattelandse koerant was die enigste plek wat bereid was om hom weer aan te stel na die ... insident .

Hy het toe maar sy goed gepak en die pad gevat hierna toe . Dit is nogals 'n aanpassing van Johannesburg af na hier.
Ma soos die engelsman se ,"beggers can't be choosers".

Hy kry toe vir hom bly plek in 'n woonstel in 'n straat wat nogals netjies lyk ,

Transvalia Straat 8 .

Hy sien al die erwe is mooi netjies en goed onderhou , almal behalwe een . Daardie huis se gras is lank , en die huis lyk verweer. Die dak het gate in en die vensters is gebreek . Daar is 'n ou tydse posbus wat voor in die erf staan , al staan hy op genade.

Die erf is omring met 'n lae , donker muurtjie. In die middel van die muur is daar 'n klein geroeste tuin hekkie , wat skeef hang . En op daardie hekkie is daar 'n nommer , een wat eens op 'n tyd seker baie netjies gelyk het .

15

Ruan wonder toe vir homself wat kon daar gebeur het dat die mense die plek toelaat om net so te staan en spook .Wag. Wat soek daardie klein dogtertjie daar ? Sy staar na hom , hy wil roep na haar maar sy sit haar vinger op haar lippe en sê vir hom shhhh....

Ewe skielik steek daar 'n windjie op en Ruan kyk toe in die rigting van die wind , toe hy terug kyk was sy weg. Huh, seker maar net homself verbeel.Hy staan nog by sy nuwe voordeur en dagdroom toe hy skrik vir die stem wat skielik agter hom praat .

" Daardie is 'n spook huis , 'n bose huis , as ek jy was het ek maar heeltemal weg gebly van daardie plek af " sê die stem vir hom . "Ek het soveel afgelei dankie , jammer om te vra ,maar wie is tannie ?" Vra Ruan vir die bejaarde dame wat voor hom staan .

"Ekskuus my kind ,waar is my maniere. Ek is mevrou Lettie van Wyk ,maar meeste mense noem my maar Tant Let . Ek bly net hier lanks jou , ek is een van die hooflede van die raad vir die dorps onderhoud en beskermings kommitee. Ek is hier om jou te verwelkom na ons ou klein stukkie van die paradys . Ons hoop jy bly lekker hier in ons dorpie . As ek mag vra , wat het jy kom maak op Jakkelsdrif ?" Vra Tant Let vir Ruan

" Tannie , ek is eintlik die nuwe joernalis vir die dorp se koerant . Ek het besluit om bietjie weg te kom van die stad en om my skryf styl aan te pas . En toe sien ek hierdie pos , en ja , ek moes dalk net weg kom van al die stadsgeraas ." Vertel Ruan

"Ja seun , ek stem een honderd persent met jou saam in daardie opsig , die stad kan maar 'n bose plek wees jong. Met al die onheilighede wat daar plaasvind ."

"Tannie , as ek mag vra , wat het daar gebeur, in daardie huis, laat hy net so gelos is om te verwaarloos ." Vra Ruan geinteresseerd.

Tant Let raak skoon styf , haar oë begin vinnig rond kyk vir ander mense voor sy vir Ruan fluister . "As ek vir jou raad kan gee , moet nie vra oor Transvalia Straat 15 nie , daardie is nie 'n blik wurms wat jy wil oopmaak nie . Vir jou eie veiligheid , bly weg . O jinne , ek het skoon vergeet ek het kos op die stoof , welkom hier by ons ." Sê Tant Let agterna soos wat sy haastig weg stap .

"Dit was nou , snaaks."  Dink Ruan vir homself, daardie Tannie het skoon bekommerd begin lyk toe hy haar dit vra . Sy joernalistiese instinkte skree vir hom dat hy dit verder moet ondersoek , ten spyte van die tannie se waarskuwings .

Net daar het Ruan 'n belofte aan homself gemaak, en dit is om uit te vind presies wat daar gebeur het en hoekom niemand oor dit wil praat nie . As hy dit reg kry kan dit dalk vir hom 'n kans wees om homself weer in die oog te kry . Dit kan sy kaartjie wees uit hierdie dorpie uit .

Hy stap toe in die nuwe huis in , diep in gedagte , en begin sy goed uit te pak . Maar al wat heeltyd deur sy kop gaan is die klein meisie en wat tant Let vir hom gesê het .

Toe hy klaar uit gepak is , besef hy dat hy nog niks aand ete gehad het nie , en maak toe vir hom iets kleins om te eet . Sy gedagtes hardloop weg met hom tot hy gaan slaap het .

Wie is daardie meisie?

Wat het in daardie huis gebeur?

Hoekom wil niemand daaroor praat nie , wat steek hulle weg ?

Hy sal uitvind , sommer môre , een van die ander joernaliste moet iets weet van die plek . Môre is dit sy dag om te begin met wat hy dink 'n maklike storie is , maar in werklikheid , is dit 'n duur storie . Want die storie gaan vir mense hulle lewens kos .

Transvalia Straat 15 Où les histoires vivent. Découvrez maintenant