"Ouma, kyk die olifant!"
Ek het met groot ogies na die televisie skerm gewys.
"Dit is nie 'n olifant nie!" het sy geskel.
"Dit is, Ouma!" het ek gestry.
Ek het na die ornament op die kas gewys. "Dit lyk dan soos daai een, Ouma!"
My Ouma het gekyk, gefrons en stry opgesit. "Nee, hulle lyk nie dieselfde nie. Dit is nie 'n olifant nie."
Ek onthou min van hoe sy was voor die tyd. Vóór die kanker en vóór die chemo en vóór die siektes.
Maar hierdie dag, hiérdie spesifieke dag toe ek en my ouma gestry het oor 'n Ice Age karakter se spesie, is nog altyd in my hart.
Dit laat my onthou - al kan ek nie onthou hoe sy voor die tyd was nie - dat ek en sy ewe hardkoppig is.
Wie anders sou met 'n kind van sewe oor iets so eenvoudig soos olifante stry?
YOU ARE READING
Alice
Non-FictionVir Alice Jacobs. 'n Legende wat geval het deur die stryd teen kanker. Sy het altyd trots gestaan. Sy was altyd ander se rots. Sy is die één persoon waarvan ek die minste goeie herinneringe het. Sy is die één persoon wat ek wens ek meer goeie herinn...
