EINDE-Twee troues en baie bederf.

176 14 29
                                    


Liewe Lesers

Hierdie is my laaste hoofstuk, ek hoop wie dit ookal lees het darem bietjie genot gehad terwyl hulle dit gelees het. Ek skryf vir ontspanning en geen ander rede nie, maar as daar raad is om enige iets te verbeter, kan julle gerus comment.
Groete uit 'n sonnige Gauteng Suid-Afrika tot ek 'n volgende boek aanpak. Kyk gerus na my ander boeke wat reeds op Wattpad is

Blessed be
Mamba44

HOOFSTUK 9

Die volgende oggend is die huis een deurmekaarspul soos almal in en uit die huis gaan om hare te laat doen, laaste oomblikke se inkopies doen en heen en weer na die kerk en onthaalsaal gery word om seker te maak alles is in orde met die kos en versierings. Ariana, Kiara, Jaqueline, Abby en Ada vertrek eers by twaalfuur na die salon toe. Daar word hare, naels en grimering gedoen en dis 'n geselsery soos min. Dis net Ariana wat stil sit en wag dat haar naels droogword wat nie veel praat nie. Kiara merk dit op en weet haar Ma dink aan die geraamtes wat uit die kas gekom het gisteraand. Die hel waardeur hulle is as kinders, is iets wat sy in haar lewe nie weer wil beleef nie. Sy kan net dink hoe erg dit vir haar Ma moes wees. Hierdie mooimaak sessie is iets heel ongewoons vir haar Ma. Sy kan nie onthou dat haar Ma al ooit van hulle gebore is by 'n salon in was nie. Sy sny nog altyd hulle al drie se hare self tuis. En in Italië het die salonmense na die villa toe gekom om hulle vir Marcela se troue mooi te maak. Ariana kyk op en vang Kiara se bekommerde gesiggie en glimlag gerusstellend. Kiara se frons verdwyn en sy glimlag en knik oog vir haar Ma. Ariana se hare is gedeeltelik opgesteek en die rooikrulle hang langs haar gesig en rug af tot amper in haar middel. Kiara besef nou eers hoe lank het haar Ma se hare geword, sy dra dit mos meeste op vir werk in die laaste tyd. Dominiq gaan nie sy oë van haar kan afhou nie. Wag tot sy daai lieflike rok aanhet, sy kry hom eintlik jammer. Ariana weet dat Kiara se bekommerde kyk gaan oor die bekentenes wat sy en Rodrique gisteraand gemaak het. Hopelik beïnvloed dit nie die kinders se lewens vorentoe nie. Sy het hard gewerk die laaste ses jaar om hulle te laat vergeet van hulle Pa se mishandeling en dit lyk of dit gewerk het. Terug by Dominiq se huis is hulle blitsig die huis in sodat die mans hulle nie een sien voor hulle moet vertrek nie. Die bruid is effens senuagtig en keer vir Ariana voor sy gaan aantrek. "Ari, kan ek 'n oomblik met jou praat?" Sy maak die deur agter haar toe en gaan sit by Jaqueline op die bed. "Wat is fout Jaqueline, moenie vir my sê dis nou senuwees wat lol nie." Jaqueline lag net en waai met haar hand. "Nee wat, Rodrique is al so lank my lewensdroom dat niks my gaan omkrap of in my pad staan vandag nie. Ek wil vir jou sê jy is die braafste vrou wat ek ken. Ek het ongelukkig gisteraand die gesprek in die kombuis gehoor." Ariana kyk by die venster uit om haar emosies onder beheer te kry voor sy na Jaqueline draai. "Dankie Jaqueline en seker ook die domste vrou ooit. Ek moes nooit met hom getrou het nie. Genadiglik is dit verby en kan ons vorentoe kyk. Kom jy moet in jou rok kom en ek ook. Ons kan nie dat hulle vir my ook wag nie, jy is natuurlik 'n ander saak." Sy glip vinnig by die deur uit en in haar eie kamer in. As sy nie nou die gesprek staak nie, huil hulle dalk altwee en dan is die salon se moeite met hulle grimering daarmee heen. Op die spieëltafel staan 'n groot bos rooirose en 'n pakkie lê daarnaas met 'n briefie. Sy snuif eers behaaglik aan die rose en maak eerste die briefie oop. In Dominiq se ferm handskrif lees sy die boodskap twee maal voor sy die pakkie oopmaak. "Ari, cara mia,'n bos blomme om te sê hoeveel ek jou gemis het vandag en 'n klein geskenkie vir die mooiste vrou wat ek ken. Dra dit asseblief vir die troue. Kan nie wag om jou vanmiddag te sien nie. Dominiq " Die pakkie bevat 'n juwele doos en binne op swart fluweel lê die asemrowendste diamant halssnoer, oorbelle, ring en armband wat sy nog gesien het. Dit moes 'n fortuin gekos het. Dit is goed soos hierdie wat haar kop heeltemal deurmekaar maak. Die tipe juwele gee jy aan 'n verloofde of vrou, nie 'n goeie vriendin wie se kinders se peetpa jy is nie. Sy gaan hom nou byloop en die juwele vir hom teruggee. Ariana loop met mening by haar deur uit en vergeet sy het net 'n japon aan. Sy klop aan sy kamerdeur en toe hy oopmaak val sy amper reg agteroor van skok. Hier staan Dominiq voor haar met net 'n klein, hopeloos te klein handdoekie om sy lyf. Sy is lus en draai om en hardloop toe hy haar geamuseerd staan en dophou. "Cara, ek sou jou wou innooi maar ek dink nie dis 'n goeie idee nie. Dan kom ek en jy nooit vandag uit hierdie kamer uit nie." Voor hy egter iets meer kan sê druk sy die juwele in sy hand. "Jy hoef my glad nie in te nooi nie dankie, vat hierdie juwele, ek kan dit nie neem nie, ek is jammer Dominiq." Sy is bloedrooi in die gesig en vlieg om en by haar deur in met 'n vaart. Dominiq staan nog net so en toe begin hy lag. Hy skud soos hy lag. Hy sal aantrek en haar in haar kamer gaan vaskeer, maar dra gaan sy die juwele dra.
Twintig minute later klop hy ewe besadig aan haar deur. Sy maak oop en wil die deur toedruk, maar hy druk die deur oop en gaan in. Die deur druk hy ferm toe agter hom en draai die sleutel. "So ja nou sal niemand ons pla nie. Ons moet praat en jy weet dit nê?" Sy kyk na hom en knik net met haar kop, maar sê niks. "Ari hoekom kan jy nie die juwele neem nie?" Sy kyk hom aan of hy gek is. "My magtig Dominiq, jy weet voor jou siel ek sal nie sulke duur juwele van jou of enige man kan aanvaar nie. Mens gee nie hierdie tipe juwele weg aan enige vrou asof dit sjokolade is nie." Hy vat haar aan die hand en laat haar op die bed sit terwyl hy die spieëltafel se stoeltjie nader trek en reg voor haar stelling inneem. "Ari cara mia, ek wil hê jy moet baie mooi verstaan, jy is nie sommer enige vrou nie en ek het nog nooit enige juwele aan enige vrou gegee behalwe Lucille se trou en verloofringe nie. Ek dink jy verstaan nie mooi wat tussen ons is nie, jy maak dinge in my wakker wat ek nie gedink het bestaan nie. En ek is seker jy is nie onverskillig teenoor my nie. Ek weet jy is dalk bang om weer betrokke te raak, maar ek is nie Caruso nie, dit moet jy by nou al weet. Al wat ek vra, is dink oor ons twee in terme van meer as vriende, want ek voel al vir baie lank glad nie soos 'n vriend teenoor jou nie." Hy bly stil en sit net voor haar, maar raak nie aan haar nie. Sy weet hy wag dat sy iets sê. "Dominiq, ek weet wat jy sê waar is, dat jy nie Christopher is nie. Ek ken jou lank genoeg om te weet hy is nie jou ou skoene werd nie. Ek weet net nie of ek enigsins goed genoeg vir enige man, maar veral vir jou is nie. Jy stuur gemengde seine uit en ek weet nie meer wat om te dink nie." Hy staan op en neem haar in sy arms. "Sjuut, ek gee nie om wat daai dwaas jou wys gemaak het nie, maar jy is definitief goed genoeg vir enige man, alhoewel ek dit sal haat as enige ander man jou syne maak. Ek wil jou hê, myne maak en ja ek is besitlik en jaloers, maar ek is nie manies nie. Gee my net 'n kans om dit te bewys. Laat my toe om jou elke aand te sien, om jou met mooi juwele en klere te bederf. Dit kan werk tussen ons Ari." Sy weet nie wat om te sê nie. Hy wil haar hê en by haar wees, maar hy sê niks van liefde nie. "Dominiq, jy is reeds soveel deel van ons lewens, ons sien jou amper elke dag en jy doen reeds soveel vir ons die afgelope ses jaar. Maar om sulke duur juwele van jou te ontvang kan jou en my reputasies skaad, iemand sal uitvind en dit uitlek aan die koerante. Kyk die stories vandat ons saam met jou Italië toe was. Jy handhaaf 'n baie hoë profiel en beweeg in ander kringe as ek." Hy trek die juwele uit sy sak en hou dit in sy hand. "Cara mia, amper elke dag is nie meer goed genoeg vir my nie, ek wil jou elke dag sien. Daarby het ek hierdie stel vir jou laat maak, na ek die kleur van jou rok omtrent uit Pierre moes wurg. Dit is joune, en niemand anders s'n nie. Ek kan enige geskenk aan jou gee en die wêreld kan dit ook maar weet. Ek het vrede met die paparazzi en wat wie dink of sê. Ek het my nog nooit aan klasse of sekere kringe gesteur nie. Jy is 'n baie begaafde skilder en dekselse goeie ma en die beste vriendin wat ek ooit in my lewe gehad het, maar jy is ook die een vrou vir wie ek deur vuur sal loop. Asseblief dra dit, al is dit net om my vanaand plesier te verskaf?" Hy vra so mooi en dit raak daagliks al hoe moeiliker om hom enige iets te wyer. Sy vat die juwele uit sy hand en kyk daarna, maar toe sy opkyk is haar oë klam. "Dankie Dominiq, jou woorde beteken werklik verskriklik baie vir my. Ek sal die juwele neem op voorwaarde dat jy dit liewers vanaand hier by jou toesluit na afloop van die troue." Hy sit die halssnoer vir haar aan en sy glip die armband aan en die ring sit sy aan haar regterhand se ringvinger. Dominiq staan terug en kyk na haar terwyl sy die oorbelle aansit. Nou sien hy eers die sjiffon perskekleurige rok behoorlik raak. Sy besef nie hoe absoluut fantasties sy daar uitsien nie. "Ariana, jy lyk asemrowend, hierdie rok en kleur is vir jou gemaak, en jou hare lyk soos gepoleerde rooikoper vanaand. Ek dink ons moet liewers afgaan sitkamer toe, anders is ek dalk baie onverantwoordelik en hou jou net hier." Sy bloos bekoorlik, hy neem egter net vinnig haar hand en toe hulle die trap afstap wag net sy ouers en Nicolae nog vir hulle. By die kerk is daar soveel joernaliste en toe Don Mauritsio-hulle uit die limousine klim is dit net flitse soos die kameras afgaan. Dominiq klim voor haar uit en terwyl hy haar uithelp waarsku hy haar egter. "Cara, glimlag net en maak of dit jou nie pla nie, die kameras gaan mal hier buite, maar by die tyd moet jy dit al gewoond wees." Hy neem haar hand en toe sy regop kom uit die motor sit Dominiq sy arm beskermend om haar terwyl hy liefdevol na haar afkyk. Dit is toe sy opkyk na hom dat die kameras flits en die mooi dimpel glimlag almal bekoor. "Ari, jy laat my hartkloppings kry, terwyl jy so mooi vir my glimlag." Sy bloos effens en die natuurlik is die joernaliste by om te probeer uitvind wat die aard van hulle verhouding is, waaroor almal al 'n paar maande wonder. Dominiq lag egter net en waai vir die joernaliste en fotograwe. Die kerk is reeds stampvol, maar hulle plek is oop langs Mattheo en Abby voor in die kerk by die res van die familie. Die wat nie vir Ariana ken nie, gis onder mekaar, want hulle weet ook maar net dit wat die koerante geskryf het. Maar almal is dit eens Ariana Caruso is pragtig en sy pas by Dominiq, beter as sy eerste vrou Lucille, die befaamde model. Ariana sit op haar hande en kyk, toe Dominiq haar hand vat en vashou op sy been. Sy weet dit was 'n fout om op te kyk na hom, toe hy vir haar oog knik en glimlag. Sy kan nie wegkyk nie en toe hy sy wenkbroue geamuseerd lug, bloos sy weereens lieflik en kyk vinnig weg, maar nie voor 'n paar mense in die onmiddelike omgewing dit gesien het nie. Die troue is lieflik en Dominiq laat Ariana nie vir lang oomblikke alleen nie. Dit is weereens vir almal duidelik dat hier romanse in die lug is en 'n volgende troue nie ver in die verskiet nie. Terug by die huis haal Ariana die juwele af en gee dit vir Dominiq by haar kamerdeur. Hy neem dit en sit dit in sy sak voor hy haar sonder seremonie in sy arms neem en haar passievol soen net daar in die gang. Toe hy sy kop oplig is sy effens deur die wind en hy druk haar by haar kamerdeur in. "Nag Ari, jy sal dat ek vergeet van enige morele waardes wat ek het, gaan slaap cara." Hy trek die deur vinnig toe. Sy gaan sit 'n oomblik verdwaas op die bed. Wat de duiwel is besig om met haar te gebeur, sy weet nou sy is nie net verlief nie, sy het lief. Genade nee, hoe gaan sy dit wegsteek. Sy moet baie vinnig besig raak die week en uit sy pad bly tot sy haar gevoelens meer onder beheer het, of sy gaan 'n gek van haarself maak.
Sondagoggend vlieg baie van die familie terug en Ariana en haar kinders gaan huistoe na ontbyt. Dominiq is maar effens stil toe hy by die huis by sy ouers aansluit. Don Mauritsio kan sien iets pla en hy het 'm goeie idee wat dit is. Hy neem langs die swembad onder die sambreel plaas langs Dominiq terwyl Ada in die kombuis doenig is met 'n ligte middagete. "Dominiq het jy haar al vertel hoe jy oor haar voel?" Dominiq kyk vinnig na sy Pa en skud sy kop. "Ja, Papá ek het, net gistermiddag voor die troue. Maar dis steeds of sy sku is." Sy Pa is nou die een wat kop skud. "Seun het jy in soveel woorde vir haar gesê jy's lief vir haar of net dat jy haar wil hê, want daar is 'n verskil hoor." Hy kyk sy Pa verdwaas aan. "Ek is nie seker of ek dit so presies gesê het nie..." Dominiq staan op en maak verskoning om gou 'n paar oproepe te maak. In die studeerkamer skakel hy Ariana se nommer terwyl hy om sy tafel loop en agteroor gaan sit en wag dat sy antwoord. "Ariana hallo." Sy kan nie glo toe sy Dominiq se stem hoor nie. "Ariana, cara mia is jy besig of kan ons gou gesels?" Sy gaan sit stadig op haar bed waar sy besig was om wasgoed uit te soek. "Nee, ek is nie so besig nie, ek doen wasgoed maar ons kan gesels." Hy moet nou vinnig optree, hy kan hoor sy is half onseker. "Ek wil jou môre na die bosveldplasie toe neem as jy niks anders op jou skedule het nie, dat ons die binnesversiering kan begin afhandel, ons stel dit nou al lank uit." Dis dalk 'n goeie ding dat sy besig kan bly, dan sal sy minder aan hom dink. "Sover ek weet is daar niks môre oggend in my dagboek geskryf nie, ek sal net by Pierre seker maak net-nou. Ek sal graag nog 'n paar afmetings wil vat en hoor wat jy in gedagte het, ek het so halwe idee na ek nou die dag daar was, maar ek sal net seker wil maak wat jy dink." Hy sug van verligting. "Nou goed, as jy my niks laat weet nie aanvaar ek dis reg en dan laai ek jou so agtuur op by jou huis." Hulle groet en lui af. Nou net met sy Ma reël vir 'n piekniekmandjie en die versorging van die kinders vir die middag en dan is hy reg vir Ariana en al haar verskonings. Die volgende oggend stop hy voor haar huis met die Jeep en klim uit om aan te klop toe sy al by die deur uitkom. Hy en sy is beide gekleë in denims en gemaklike stapskoene. Hy vat haar aan die skouers en trek haar nader, dan gaan sy arms om haar en hy soen haar lank en met vuur. Hy lig sy kop maar laat haar nie gaan nie. "Bon diaz cara mia, ek het jou gemis gistermiddag. Die huis was leeg sonder jou en die kinders." Sy maak of dit niks is nie en lag terwyl sy hom effens wegdruk. "Ag nee jou Ouers is dan darem nog daar, jy kon nie so alleen gewees het nie." Hy lag terwyl hy haar laat gaan en in die Jeep help. "Nee cara, wat jy nie verstaan nie, daar was niemand om vas te hou of te soen nie. My Mamá sal my klap dat ek stêrre sien as ek haar so wil vashou en liefkoos." Hulle gesels nie baie nie maar die atmosfeer is ook nie ongemaklik nie. Die klippilare by die plasie se ingang is klaar gebou en die naambord is op. Ariana kan haar oë nie glo nie. Daar staan dit in groot sierletters op die een pilaar "Villa Ariana", sy kyk verdwaas daarna en dan na Dominiq. Hy lag net geheimsinnig en hou sy oë op die pad. Die hout en kliphuis staan op die koppie en aan die onderkant is 'n groot swempoel ook van klip gebou met grasdak sambrele en 'n lekker braaiplek met ingeboude sitplekkies onder 'n grasdak. Sy was al hier maar die hek en naambord het bygekom. Sy sit eers net so tot hy die deur oopmaak en haar uithelp. Sy kyk vies na hom. "Dominiq wat het jou besiel met die naambord?" Hy vat haar hand en stap met haar aan huistoe, langs die swembad gaan hy staan. "Sodra jy jou afmetings gevat het cara mia sal ons gesels en dan sal ek verduidelik hoekom die naambord is wat dit is." Sy weet dit gaan nie help om steeks te wees nie. Sy doen al haar afmetings net weer 'n keer en maak seker van die venster grotes. "Nou moet jy sê hoe wil jy alles hê Dominiq, 'n informele vakansie huis of 'n meer formele plek waar jy dalk besigheidsmense wil onthaal." Dominiq kom stadig en doelgerig aangestap na haar toe en sy verstaan nie die uitdrukking op sy gesig nie, sy voel amper effens skrikkerig. Sonder om te dink retireer sy stadig agteruit tot sy die growwe klipmuur van die eetkamer agter haar voel. Dominiq sit sy hande weerskante van haar kop teen die muur en leun vorentoe tot sy gesig enkele sentimeters van hare af is. "Nou het ek genoeg gehad van mense wat ons steur en inmeng en telefone wat ons onderbreek en jy wat altyd 'n verskoning soek om weg te hardloop. Nou gaan ons tweetjies praat, maar eers........." Hy bly skielik stil en kyk na haar mond en die volgende oomblik soen hy haar hard en driftig, maar dan versag sy mond en hy soen haar lank en passievol. Hy druk haar teen die muur vas met sy lyf terwyl hy haar liefkoos soos hy nog nooit gedoen het nie. Toe hy haar stadig laat gaan, kyk hy haar mooi in die oë en kan sien hierdie aanslag het haar heeltemal onkant gevang en dit wat hy op haar gesig sien, laat sy are bruis van opgewondenheid. Hy neem haar gesig in sy hande. "Luister en luister mooi, amore mio, ek begeer jou soos ek nog nooit enige iets of iemand begeer het nie. Jy maak my gek deur net na my te kyk. Ek is moeg gewag en gesukkel om jou myne te maak en moeg vir lang koue storte. Ek kan nie slaap nie, ek kan nie op my werk konsentreer nie. Ek is huidiglik 'n nul op 'n kontrak vir Scarlatti Enterprises. Ek wou jou hê vir so lank ek kan onthou, selfs toe jy nog net 'n langbeen meisie met vlegsels was. Dat jy dit nog nie kon agterkom uit my gedrag nie, slaan my dronk. Ek wil nie 'n oomblik langer sonder jou leef nie. Ek weet ook jy is nie onverskillig teenoor my nie, jy begeer my net soveel soos ek vir jou. Daar is hierdie elektrisiteit tussen ons wat selfs buitestaanders kan sien en voel. En jou kinders is mal oor my. Ek weet hulle sal nie omgee om my vir 'n stiefpa te kry nie. Trou met my?" Ariana kan haar ore nie glo nie, en daar spring trane in haar oë, maar steeds sê hy niks van liefde nie, hierdie is dalk haar laaste kans, miskien sal hy leer om haar lief te hê ook en nie net haar lyf te begeer nie. "Ek weet nie wat om te sê nie, jy.....e....maak my skoon deurmekaar. Ek behoort van beter te weet en nee te sê...maar....ja Dominiq ek sal met jou trou." Hy vou haar styf in sy arms toe. Dit is seker die beste oomblik van sy lewe. Hy laat haar gaan terwyl hy die piekniekmandjie op die vloer oopmaak en 'n ringdosie daar uithaal. Dan gaan hy op sy knieë en hou die dosie na haar uit terwyl hy sy woorde herhaal. "Trou met my?" Sy staan voor hom en hou haar hand na hom uit waarna hy die ring aan haar vinger glip. Dis 'n ongelooflike mooi aquamaryn-en diamantring soortgelyk aan die een wat hy haar reeds gegee het. Dan staan hy op en neem haar weer in sy arms en soen haar. "Ari hierdie is deel van die stel wat ek jou reeds eergister gegee het. Dit is eintlik deel van jou trougeskenk." Sy neem sy gesig tussen haar hande en trek sy kop af na haar toe en soen hom met volle oorgawe. "Grazie mio amore, ek is die gelukkigste vrou wat leef." Hulle gooi die deken oop langs die swembad onder een van die sambrele en voer mekaar die heerlikste happies terwyl hulle sjampanje drink en kort-kort 'n soentjie ook deel en besluit oor die troue. Hulle ry reguit na sy huis om sy ouers en haar kinders wat die middag na skool daar gaan kuier het, in te lig oor die goeie nuus. Hulle hoef egter nie 'n woord te sê toe hulle instap nie. Kiara spring op en omhels haar Ma en Dominiq. Mens kan sien hulle is gelukkig, hulle straal dit uit.
Twee maande later is hulle getroud en hou net 'n klein geselligheid omdat hulle altwee reeds voorheen getroud was en nie langer wou wag nie. Vir die eerste week van die honeymoon, neem hy haar na Villa Ariana toe en dan vir 'n week in Italië. Dit is ook die inweiding van die vakansiehuis en nadat hy al die bagasie ingedra het, dra hy haar oor die drumpel. "So ja Senora Scarlatti, nou is jy myne vir die volgende twee weke en ek kan nie wag om jou myne te maak in die ware sin van die woord nie." Na al die tyd bloos sy nogsteeds en Dominiq lag vir haar as sy vinnig wegkyk. "Ari jy kan nie vir my sê jy bloos nog al die tyd as ek praat oor intiem wees met jou nie. Jy was al getroud en het twee kinders." Toe hy haar in die kamer neersit draai sy weg na die venster toe en toe sy antwoord moet hy mooi luister om te hoor wat sy sê. "Dinge is anders met jou as met Christopher, hy het altyd gesê ek is 'n koue vrou en ek is bang jy is nie gelukkig met my nie." Hy neem haar aan die skouers en draai haar om. "Hy was 'n sot. Al die kere wat ek jou al liefkoos het, kon ek agterkom jy is 'n passievolle vrou, en ek sal jou bewys dat ek en jy saam vuurwerke kan maak." Daarmee begin hy haar soen en sy vergeet geheel en al dat sy bang was.
Die son sit al hoog toe Ariana haar oë oopmaak. Sy is alleen in die bed en wonder of Dominiq dalk ook gevind het sy is koud en dat hy haar nie vanoggend in die oë kan kyk nie. Net toe sy wil opstaan en klere uithaal kom hy in 'n boxerbroekie kaalbolyf by die kamer in met 'n skinkbord. Sy word bloedrooi toe hy baie breed begin glimlag en sy besef dat sy kaal langs die bed staan. Voor sy egter die laken kan gryp sit hy die skinkbord neer en keer haar. "O nee, jy gaan nie na gisteraand en vanoggend jouself vir my bedek nie. Daar is nie 'n sentimeter van jou wat ek nie ken nie." Hy neem haar in sy arms en soen haar lank voor hy sy kop oplig. "Bon diaz mio amore, is jy reg vir ontbyt in die bed?" Hy druk haar op die bed neer en gooi die laken oor haar en gaan sit self voor hy die skinkbord met hulle ontbyt nader trek. Ariana besef sy is die gelukkigste vrou onder die son. Sy is reg vir 'n nuwe begin saam met 'n wonderlike man en stiefpa vir haar kinders sonder mishandeling van enige aard.

Scarlatti's boek1 Tweede Kans Vir ArianaWhere stories live. Discover now