Die mooie Italië

229 5 2
                                    

HOOFSTUK 2

Hier waar Dominiq in die VIP-sitkamer sit en wag, kan hy nie wag om Ariana te sien nie.  Na daardie soen Maandagmiddag in haar kantoor, kon hy glad nie konsentreer nie.  Dit was die moeilikste week van samesprekings met ‘n kliënt wat hy nog ooit beleef het.  Hy het gisteraand elfuur van die lughawe afgekom en het so ampertjies eers by haar omgery om te groet.  Gelukkig het hy hom betyds bedink, hy sal dit baie stadig met haar moet vat as hy nie wil hê sy moet weghol nie.  Sy bestuurder Mario is net besig om die deur van die motor oop te maak toe Dominiq na buite stap.  Ariana word eerste uitgehelp deur ‘n glimlaggende Mario.  Liewe hemel!  Sy besef nie eers hoe verruklik sy daar uitsien nie.  Sy laat al die werkery stop toe sy kliphard lag vir iets wat Nicolae sê terwyl hy sy suster uithelp.  Die mans staan almal vasgenael na haar en kyk en Kiara is nie veel hulp nie.  Sy is net ‘n jonger replika van haar ma.  Altwee in denim geklee met elkeen ‘n baie vroulike toppie daarby.  Denim het nog nooit vir hom so mooi gelyk aan enige vrou nie.  Haar koperkrulle hang in ‘n wanordelike massa los oor haar skouers.  Dis die mooiste gesig wat hy die hele week gesien het.  Hulle is so besig om te lag en gesels dat hulle Dominiq eers gewaar toe hy feitlik by hulle is.  Kiara gryp hom om die lyf en gee hom ‘n klapsoen.  ”Sjoe hallo Dominiq ek het jou gemis die week.”  En Nicolae gee hom ook ‘n druk.  “Môre, ja ek het jou ook gemis, want ek het geen back up gehad om my te beskerm teen die twee nie.  Kiara is eintlik die culprit gewees met haar baie geshop.” Ariana kry darem ‘n môre in voor Dominiq haar om die skouers vat, nadertrek en haar soen.  Haar ore maak eintlik ‘n suising en toe stap hy ewe rustig met sy arm om haar skouers na die doane kantore toe.  “Kom dat ons julle paspoorte gou laat stempel en dan is ons gereed om te vertrek.”  Ariana is bewus van al die kyke wat hulle kry en is lus om weg te hardloop.  Sy voel skoon bewerig, maar sy weet nie of dit is oor sy bang is vir vlieg en of dit die soen is wat haar so affekteer nie.  Met die aanstap vliegtuig toe, vat Dominiq haar hand asof dit so hoort en trek dit deur die buig van sy arm.  “En nou cara, as jy so stil is vanoggend?”  Sy kyk op na hom maar kan nie deur sy sonbril regtig sy oë sien nie.  “Ek is jammer jong, ek verkyk my aan alles, dan vergeet ek hier is mense om my.” 
Binne in die vliegtuig is die waardin gereed vir hulle binnekoms.  “Goeie more Senor Scarlatti, Senora.  Sodra ons vertrek het en die vliegtuig die regte hoogte bereik het, bedien ons u ontbyt.”  Sy glimlag van oor tot oor en Ariana wonder katterig of as haar ore nie daar was nie, die glimlag reg rondom sou gegaan het.  Dominiq glimlag egter net vlugtig.  “Dankie Monique, dis reg so.”   Hy gesels gou met die kinders wat duisend en een vrae vra, voor hy terugdraai en langs Ariana gaan sit.  Dominiq het sy bril afgehaal en toe sy van die venster af terugkyk, vang sy hom dat hy na haar sit en kyk met ‘n effense glimlag.  “Jy weet Ari, dit sou gehelp het as jy my voor die tyd vertel het jy is bang vir vlieg.  Het jy iets gedrink voor jy die huis verlaat het of moet ek vir jou iets gee?”  Sy vervies haar sommer, dis weer daai grootbek kinders van haar, sy is doodseker daarvan.  “Ek het niks nodig nie dankie, ek het iets gedrink en is piekfyn.”  Sy kyk vinnig by die venster uit om nie in sy oë te kyk nie.  “Cara mia,”  Sy draai haar kop na hom en is skielik bewus van hoe naby sy gesig aan hare is.  Sy kan tot die geelvlekkies in sy oë duidelik sien en vir ‘n oomblik verkyk sy haar aan die so bekende gesig by haar dat sy nie ‘n woord hoor wat hy verder sê nie.  Sy word bewus daarvan dat sy lippe beweeg en sy word bloedrooi en begin stotter.  “eeem.....ek..em.... ek is jammer......ek het nie gehoor wat jy sê nie.”  Daar is ‘n ondeunde vonkeling in sy oë, en dit lyk jou waarlik of hy vir haar lag.  “Ek het regtig nie besef dat jy nog kan bloos nie.  Jy is baie bekoorlik as jy so bloos weet jy.”  Die vliegtuig kom in beweging en net toe draai Nicolae om in sy sitplek en loer na agter.  “Mams, is jy ok?”  Sy glimlag en waai met die hand.  “Natuurlik is ek piekfyn ou moederhen.”  Dominiq is nie so seker daarvan nie, haar hande is nou onder haar bene ingedruk en sy is baie bleek.  “Toemaar Nicolae, ek is by jou ma en sal sorg dat sy piekfyn is, geniet julle die opstyg.  Sodra ons hoogte het eet ons ontbyt.”  Met die haal hy haar hande onder haar bene uit.  Hy draai haar soveel as wat die sitllekgordel dit toelaat na hom toe.  “Moenie nou uitkyk tot ons klaar opgestyg het nie.  Daar is beter dinge om te doen tydens opstyging.”  Hy voeg ook sommer dadelik die daad by die woord.  Hy leun oor en soen haar.  Na wat soos ‘n ewigheid voel lig hy sy kop stadig.  Sy kom agter haar linkerhand is in sy hare gevleg en haar regterhand op sy bors.  Sy kan net stom na hom bly kyk.  Hoe de duiwel het dit gebeur.  Sy is besig om al haar varkies te verloor.  Dominiq sien die verdwasing en skaamte op haar gesig.  Hy ken haar lank genoeg om te weet hy moet iets sê om dit vir haar makliker te maak.  “Sien ons is al veilig in die lug en jy was nie eers verder bang nie.  Aaaa.... daar kom ons ontbyt.  Na ontbyt kan jy nog ‘n bietjie slaap of ‘n dvd kyk of lees.  Dit is darem nie so lang vlug met hierdie tipe stralers nie.  Maar dit kan help as mens besig is.  Ek dink ek sal bietjie slaap probeer inhaal as dit reg is met julle.”  Kiara en Nicolae doen amper al die praatwerk tydens ontbyt.  Hulle is regtig waar opgewonde oor die vakansie.  Dit is die eerste keer in jare dat sy met ‘n mondvol tande sit en nie weet wat om te sê nie.  Sy vermy sy oë want sy sweer sy sal bloedrooi bloos as sy nou in sy oë moet kyk.  En na ete besluit die kinders hulle gaan ‘n dvd of twee kyk om die tyd te verwyl.  Eintlik het hulle die soen gesien met opstyging en het besluit om Dominiq soveel alleen tyd met hulle ma te gee as moontlik.  Tot hulle onmoontlike ma besef hy is die aangewese man vir haar.  Mensig maar sy kan halstarrig wees.  Sy besef nie eers hoe sy oor hom voel nie.  Dominiq slaan die twee sitplekke oorkant Ariana plat en gaan lê met sy hande agter sy kop.  Dit lyk nie of net-nou se soen hom enigsins geaffekteer het nie.  Dis weer net sy wat soos ‘n tiener reageer.  Sy sal haar moet regruk en hom een of ander tyd op sy plek moet sit.  Hierdie is nie ‘n vakansie waartydens hy haar gaan gebruik soos dit hom pas nie.  Sy het nie gedink hy is so nie, maar nou wonder sy.  Hoe goed ken sy werklik vir Dominiq?  Sy sal maar bietjie deur ‘n tydskrif blaai om die tyd om te kry.  Ariana het egter nie lank gelees nie, toe sy opkyk en sien hoe ontspanne Dominiq lyk terwyl hy slaap.  Sy krap in haar skouersak en haal haar sketsboekie en potlood uit.  Sy maak ‘n paar sketse van hom terwyl hy so salig slaap.  Hy het ongelooflike lang wimpers vir ‘n man.  Dis eintlik ‘n skande om so mooi te wees.  Blasvel, hoë wangbene, sterk manlike kakebeen, dimpels in die wange en ken, ‘n baie sensuele mond, pikswart hare effens krullerig en langerig in die nek.  Hy is lank lenig en gespierd en daarby is hy ‘n ware gentleman soos haar ma sal sê.  Vrouens is mal oor hom en sy kan regtig verstaan hoekom.  Die ander ding wat haar nog altyd fassineer is sy oë, dis nie bruin nie en ook nie geel nie, dis seker hoekom hulle dit amber noem, regte wolf oë.  Wanneer hy opgewonde raak vonk sy oë behoorlik en wanneer hy kwaad word lyk sy oë meer geel.  Sy is so besig om Dominiq te bekyk dat sy nie regtig agterkom hy lê al lank vir haar en kyk nie.  Hy kan steeds nie glo sy sit hier by hom in die vliegtuig oppad Palermo toe nie.  Dit is waarlik iets waaroor hy al baie lank droom.  Hy word nie jonger nie en hy gaan hierdie kans gebruik om haar voete onder haar uit te slaan.  Nicolae en Kiara is baie in hulle noppies met die idee dat hy hulle ma die hof wil maak.  Hy is baie lief vir die twee kinders wat deur die jare soos sy eie geword het.  Miskien met die romatiese agtergrond in Italië en die kunstige fonteine en kunswerke waarvoor sy so lief is, sal hy haar kan bewus maak van hom as man en nie net peetpa en vriend nie.  Sy ouers wag ook al lank vir hierdie dag.  As sy maar besef hoeveel haar mooi aqua-oë haar nou net verklap het, sal sy wraggies weghol.  Dis eers toe hy praat dat sy agterkom hy is wakker.  Sy stem is egter effens hees en sy oë lyk amper soos heuning.  “Jy laat my skoon warm voel onder daai kyk cara, miskien is dit nie ‘n goeie idee met jou kinders en my personeel hier by ons nie.  Maar glo my ek waardeer die uitsig eweveel.”  Sy voel hoe sy nou vuurwarm word en sy weet sy is bloedrooi.  Verdekselse rooihare!  En hier sit sy en kan nie eers aan een snipperige antwoord dink nie.  “Ekskuus ek was nie eers bewus daarvan dat ek vir jou kyk nie.  Ek het sommer net gesit.”  Sy weet hy weet sy jok, maar hel man, sy kan mos nie erken sy het gesit en dagdroom oor hom nie.  Dominiq vind haar blosery vreeslik amusant en lag haar openlik uit.  Hy bekyk haar nou van kop tot tone en hy sien hoe sy haar vervies.  “Toemaar cara mia, ek kyk net so graag na jou, jy slaan met tye my asem skoon weg.  Dis net jammer dat ek en jy nie nou iewers alleen was nie, want ek wil beslis nie net kyk nie.”  Nou vervies sy haar regtig.  Dekselse Italianer, selfversekerd is nie die woord nie.  “Dominiq ek sal dit waardeur as jy ophou om woordspeletjies met my te probeer speel.  Ons ken mekaar lank genoeg om te weet ons is net goeie vriende en ek het jou nie bekyk soos jy dit stel nie.  Ek gaan myself nou verfris voor ek my liederlik vir jou vererg.”  Sy het nog nie die deur behoorlik toe agter haar nie of Kiara bars die kleedkamer binne.  “oeeee hemel Mams wat gaan aan met jou en Dominiq?  Julle kan nie ons vakansie baklei-baklei begin nie.  Hy was net eerlik oor hoe hy voel en daar jak ma hom af.  Ek verstaan jou nie.  Die vangs van die eeu maak goegoe eyes vir jou en jy jak hom af.  Die hele atmosfeer knetter behoorlik om julle.”  Vir ‘n paar oomblikke is Ariana sprakeloos.  “Kiara ek is ‘n ma van sewe-en dertig met twee tieners, genugtig hoe kan jy verwag ek moet ogies maak vir julle playboy peetpa.  Moenie vir jou heeltemal laf hou nie kind.  Kyk net na al die koerante se skinder kolomme, elke week ‘n ander vrou aan die arm.  Kiara lag haar ma uit.  “Alala, hierdie Ma van twee tieners protesteer gans en al te veel.  Daar is niks fout met ‘n weduwee ma met twee tieners wat die vangs van die eeu vastrek nie.  Jy is nog mooi gebou, jy is georgious Ma.  Pierre is reg as hy sê jy verberg jou talente, het jy al gesien hoe kyk Dominiq na jou?  Dit is al ‘n paar jaar dat hy so na jou kyk Mams en jy is te blind om dit te sien.  Genugtig gebruik dit wat jy het en vang vir ons die beste stiefpa denkbaar.”  Sy weet nie wat om te sê nie, Kiara is eintlik net ‘n kind wat dalk ‘n pa in haar lewe mis.  Maar Dominiq is nie die regte persoon daarvoor nie, hy het self gesê hy sal nie sommer weer trou nie.  Hierdie gedagte moet sy uit Kiara se kop kry en vinnig ook.  “Kiara, verstaan my mooi.  Dominiq is julle peetpa.  En ja ons is al jare goeie vriende, maar hy sal nie weer trou na Lucille nie en dit kom uit sy eie mond.  Wat jy ookal dink jy sien tussen ons, bestaan nie.  Ek is nie iemand vir ‘n vakansie romanse nie.  En ‘n gesaamslapery buite die huwelik staan my in elk geval nie aan nie en jy weet dit.  Vergeet nou die hele storie en laat ons vakansie hou.  Want dit is tog waarvoor julle my saamgebring het of nie?”  Ariana draai om en verlaat die kleedkamer met ‘n spoed voor Kiara weer ‘n ding kan sê.  Min weet sy waaroor Dominiq en Nicolae intussen gesels het.  As sy geweet het, was sy woedend en het sy sommer in die vlieg uit die vliegtuig gespring.
“Dominiq, jy weet hoe hardkoppig my Ma kan wees.  Ek wil nou nie negatief wees nie, maar jy gaan ‘n besonderse hardetyd hê om my Ma van jou gevoel te oortuig.  Sy ken en aanvaar jou as ‘n goeie huisvriend en dis al.  Miskien het sy in die laaste paar dae met ander oë na jou gekyk, maar ek dink nie sy sal hals oor kop vir jou val nie.  Sy het in die laaste ses jaar onafhanklik geword.  Sy doen alles vir haarself en vir ons, selfs dit wat my Pa haar nooit wou toelaat nie.  Sy het eendag vir Pierre gesê sy wil nooit in haar lewe weer so afhanklik van ‘n man wees nie.  En jy is nogal tradisievas oor die rol van die vrou, jy is Italiaans is jy nie?”  Dominiq vryf oor sy gesig asof hy spinnerakke daaroor voel.  “Nicolae, ek weet dit alles wat jy gesê het.  Jou Ma is baie onafhanklik en ek is tradisievas, maar ons behoort iewers ‘n middeweg wat ons altwee pas, te vind.  Ek sal nooit jou ma se onafhanklikheid probeer wegneem nie.  Volgens my tradisies is die vrou nie minderwaardig teenoor die man nie.  Vrouens word gerespekteer ten alle tye, maar vrouens kan ook ‘n beroep volg, maar dis elke man se voorreg om haar te versorg en sekuriteit te verskaf aan haar en hulle kinders.  Selfs my pa wat baie meer in tradisies glo as ek, sien niks daarmee fout dat ‘n vrou op haar eie bene staan nie.  Nadat ek net-nou wakker geword het, het ek lank na jou Ma gekyk.  Sy sien my wel as man raak, maar sy is bang en ek gaan uitvind waarvoor.”  Nicolae kan hom die antwoord gee, maar nou is nie die regte tyd nie.  Daar waar sy Ma uit die kleedkamer gestap kom lyk sy omgekrap.  Hy wonder wat Kiara kon sê wat haar so die herrie in gemaak het.  Nicolae maak plek vir sy Ma langs hom.  “Kom sit bietjie hier by my Mams, dit is nie meer so lank voor ons land nie.  Dan gaan ons vakansie hou soos nog nooit vantevore nie.”  Ariana het nie lus om by hulle te sit nie, maar dit sal vreemd en kleinlik lyk as sy op haar ou plek gaan sit.  Sy neem plaas langs Nicolae maar vermy Dominiq.  Kiara kom ook sit en is stillerig maar hou haar Ma en Dominiq fyn dop.  Na al die gesoenery in die laaste paar uur, moet haar ma met ander oë na hom kyk.  Sy hou haar net so moedswillig. 
‘n Uur later land hulle en daarna gebeur alles sommer vinnig.  Die lughawe is ‘n miernes van bedrywighede en ‘n malhuis.  Net buite die VIP-sitkamer vat Dominiq Ariana se hand en trek haar in sy omarming in.  Sy wil haar eers teësit maar hy hou haar net stywer vas.  “Dit is vir jou eie veiligheid dat ek jou naby my hou cara.  Nicolae bly naby Kiara, daar is altyd media hier buite.  Ek sweer die paparazi sit net hier en wag vir ‘n sappige nuusbrokkie.  Die latyners is lief vir die blou-oë en ligte vel dames, so pas jou suster op, hulle mag haar dalk net baie aandag gee.  My bestuurder is net hier buite, so hoe vinniger ons beweeg hoe vinniger is ons uit die gedrang.”  Die volgende oomblik is daar flitse van kameras uit elke denkbare rigting.  ‘n Groot blonde reus van ‘n man tree voor Dominiq en Ariana in en ‘n ewe groot donker man staan voor Nicolae en Kiara.  “Senor Scarlatti is haastig staan uit die pad asseblief?”  Hy maak ‘n pad oop en binne minute is almal veilig in die motor.  Kiara se oë is so groot soos pierings.  “Goeie genugtig, ek het nooit besef jy is so ‘n celeb hier in Italië nie Dominiq.  Hulle haal amper mens se oë uit met daai kameraflitse.  Ma is jy okay?  Jy is doodstil.”  Almal kyk nou na Ariana.  Sy glimlag en maak of alles reg is.  “Ja Kiara, hoe ken jy my, ek skrik mos nie vir koue pampoen nie.”  Sy kyk op en haar oë vang hierdie paar ysblou oë in die spieël en sy kry die gevoel dat hy vir haar lag en weet sy is gerattle soos Kiara sal sê.  Hy kyk egter net ‘n oomblik vas in haar oë voor hy wegkyk na die pad voor hom.  Dominiq sit met sy arm om haar skouer en vryf ingedagte oor haar arm.  Dit veroorsaak so heerlike sensasie, dit voel of sy in die sitplek kan insmelt.  Dominiq kyk af die oomblik toe sy opkyk na hom.  Sy oë het weer daardie heuningagtige kleur en hy glimlag net effens.  “Julle kan nou ontspan.  Olof en Brutus werk al baie lank vir my.  Brutus is eintlik my pa se motorbestuurder en lyfwag.  Olof behoort eintlik in Suid-Afrika met verlof te wees.  Maar ek is seker hy sal my nog sê wat hy hier doen.  As een van hulle by julle is, sal niemand dit waag om julle te pla op straat nie.”  Dit is Brutus wat voor in die passasierskant sit wat na agter draai en begin verduidelik.  “Senor, Mario en Clare het my laat weet dat u vanoggend land en dat ek die motor gereed moet hê vir u en gaste soos dit die gebruik is.  Olof het vir sy ouers kom kuier in sy verloftyd en het my gisteraand geskakel met die nuus dat u vakansieplanne wat ‘n geheim moes wees, wel uitgelek het.  Sy verloofde ken iemand by die koerant wat haar laat weet het om u te waarsku dat iemand die paparazzi laat weet het presies waar en hoe laat u sou land.  Daarom het Olof besluit om my vanoggend te vergessel.”  Dominiq is woedend.  “Wie de duiwel het die reg gehad om my vakansieplanne deurmekaar te krap.  Ek het juis dit nie uitgeblaker nie oor ek ‘n slag ‘n privaat vakansie wou hou.”  Niemand sê ‘n woord nie tot hulle deur die hekke van ‘n groot spierwit villa ry en Olof die eerste is om iets te sê.  “Senor, ek het reeds gisteraand begin navraag doen na almal wat geweet het.  Van almal wat geweet het, is dit net u persoonlike assistent Marla wat kontak gehad het met ‘n ou vriend wat vir die koerant werk.  Sy het hom juis eergister gekontak.  U sekretaresse Sarah sê dat Marla en die vriend gereeld saam eet.  Onthou u die chaos op Charles de Gaulle lughawe toe u die samesprekings met die Franse regering gehad het.  En wat van die debakels in Arabië en ook hier in Rome drie maande terug.  Dit lyk vir my of sy al u bewegings aan die media laat uitlek.”  Dominiq lyk of daar vir hom ‘n lig aangaan, maar dit is Nicolae wat almal se asems wegslaan met sy kommentaar.  “Dan is my vraag nou Dominiq, hoe veilig is jou kontrakte en delikate inligting in die hande van so persoonlike assistent.”  Dominiq klap homself teen die voorkop.  “Liewe hemel Nicolae, ek het nou nie so aan dit gedink nie.  Jy sien ek is klaar afgeskakel vir vakansie.  Olof ek sal jou moet vra om asseblief vir my ‘n paar goed te doen.  Maar kom ons gaan verfris onsself eers en dan sien ek jou oor so uur in my studeerkamer.”  Olof knik en klim uit om die deure vir almal oop te maak.  Brutus maak die anderkantste deur oop en die voordeur vlieg oop.  ‘n Mollige vroutjie kom uitgehardloop.  Sy omhels Dominiq behoorlik.  “Aa, uiteindelik, dit is ses maande laas wat u hier was.  Welkom Senor Dominiq, nou kan u ‘n heerlike ruskans vat.”  Sy loop Nicolae by en gee hom ‘n druk.  “En jy jongman kan niemand anders as Senor Nicolae wees nie.”  Sy draai na Kiara en die kry net so hartlike druk.  “O hemel kind jy is te mooi, Mario sal die haelgeweer vir my moet uithaal.  Hierdie latynse wolwe sal jou nie ‘n minuut se vrede gee nie.  Kiara jy sal definitief nie sonder ‘n duenna op straat kan verskyn nie.  O krisis Senor Dominiq moenie vir my sê hierdie is Senora Ariana nie.  Sy is nog mooier as op die fotos. Daar is definitief iets fout met jou kamera.”  Sy omhels vir Ari en hou haar ‘n ent weg van haar af.  “Jy kan nie die ma wees van hierdie groot kinders nie Senora Ariana, jy is heeltemal te fyntjies daarvoor en dat jy nog nie weer opgeraap is deur ‘n man nie, kan ek nie verstaan nie.  Is daar fout met die mans in Suid-Afrika”  Almal glimlag vir die koddigheid van Clare.  Dominiq sit sy arm om haar skouers en draai haar na almal.  “Kom ek julle voorstel.  Dit is Clare my huishoudster en ander Ma.  Sy was my oppasster as kind, hierdie is haar man Mario, my eintlike motorbestuurder en toesighouer oor die werkers wat die tuine en geboue versorg.  En nee Clare daar is niks fout met die mans in Suid-Afrika nie, ek dink net Ari is te besig om al die potensiaal om haar raak te sien.”  Daarmee draai hy om en stap die imposante woning dieper binne.  Die ingangsportaal is tipies met sy wit en swart italiaanse teëls.  Die deur en vensterrame is alles hout en sommige vertekke het houtvloere en sommiges duur italiaanse teëls met dik tapyte.  Die houttrap is definitief iets wat die oog vang.  Vir Ariana as binnesversierder en kunstenaar is daar hopeloos te veel om na te kyk.  Sy stap agter Clare en die kinders aan sonder dat sy hulle gesprek volg.  Kiara is in die mooiste liggroen en roomkleur kamer, Nicolae in ‘n bruin en roomkamer en Ari kry die kamer oorkant die kinders in Turqois en spierwit.  Elkeen het ook sy bypassende badkamer.  “So ja verfris lekker, as julle enige iets kortkom moenie huiwer om te vra nie.  Hier is ‘n koord by die bed, as u dit trek lui dit in die kombuis en hier is die interkom.  Sodra u gereed is, word verversings op die patio bedien.”  Ariana is stomgeslaan.  Haar kamer lyk soos ‘n bruidsuite spierwit met die turqois aksente.  “Dankie Clare ek glo regtig nie ons kan iets kortkom in hierdie lieflike kamers nie.”  Sy trek haar baadjie uit, hang dit in die kas, kam hare en knap gou haar grimering op.  Sy is net klaar toe is daar ‘n klop aan die deur.  Sy is oppad na die deur toe, en toe sy dit oopmaak stop sy in haar spore.  Dominiq staan die hele deur vol.  Hy gaan leen teen die kosyn met sy hande in die sakke.  Hulle sê nie een ‘n woord nie maar staar net na mekaar.  Die atmosfeer verander eensklaps na elektrisiteit, dis of die feit dat hulle alleen in haar kamer is, haar meer bewus maak van die groot hemelbed agter haar en die feit dat sy byna teen hom staan.  “ummm....ek..e..ek is gereed ons kan maar gaan, die ander wag seker al vir ons.”  Hy bly egter staan en sit sy hande weerskante van die kosyn asof hy haar pad blokkeer.  “Ek en jy moet gesels cara, en dit kan nie wag nie, die ander kan maar wag.  Hoekom is jy skielik bang en ongemaklik wanneer ek en jy alleen bymekaar is?  Watter geheim dra jy saam met jou, want ek ken jou beter as wat jy dalk dink.  Moenie vir my probeer jok nie.  Daar is n rede, dalk meer as een, hoekom jy mý en enige intieme omstandighede probeer vermy.”  Sy weet hy ken haar goed genoeg om te weet wanneer sy jok, maar haar geheime is haar eie.  “Dis jou verbeelding Dominiq, ek is net moeg na die vlug en my keel is kurkdroog.”  Sy probeer hom teen die bors druk om hom uit die pad te stoot, maar hy is te vinnig vir haar.  Hy gryp haar pols en druk haar met haar rug teen die deur.  Sy wil nog murmereer, maar sy mond is op hare.  Hy soen haar driftig, maar net so vinnig verander die soen na ‘n tere aanraking.  Dis ‘n soen wat baie sê en tog nogsteeds te min.  Dominiq lig sy kop en sy stem is baie hees toe hy praat.  “Kom cara mia, ons gaan drink tee, voordat ek ons altwee in die verleentheid stel.  Daar is nog ‘n hele vakansie waartydens ons kan praat.”  Hy vat haar hand en stap vinnig met haar die trappe af en deur ‘n groot eetkamer met glasdeure wat op ‘n patio uitloop.  Op die patio trek hy vir haar ‘n stoel uit en neem reg langs haar plaas.  Clare is dadelik by met langglase vrugtesap.  Ariana weet nie of sy wil lag of huil nie. Hoe de duiwel hanteer sy die situasie vir ‘n maand lank sonder om op haar gesig te val in die proses.  Dominiq daarenteen lyk asof hy al klaar van die soenery vergeet het.  Wel sy sal maar net moet toneelspeel soos jare terug.  Sy kon dit nog altyd goed doen en het baie mense om die bos gelei, tot haarself.  Daar word besluit om ‘n week in Rome te bly en alles te besoek wat hulle graag wil, ook Dominiq se familie wat meeste in Rome is vir sy niggie se troue.  Daarna sal hulle vertrek na Palermo toe in Sicilië, vir ‘n ruskans langs die see.  Dit word ‘n week van rondstap en besigtigingstoere.  Kiara neem duisende fotos en Ari skets heelwat van die fonteine, kerke, kunswerke en straatkafeetjies.  Hulle leer ‘n heeltemal ander Dominiq ken.  Selfs die besoek aan sy ouers is ‘n reuse sukses.  Die kinders word op die hande gedra en bederf.  Ari kry dit reg om Don Mauritzio en Ada se harte weereens te steel.  Elke keer wat hulle sien hoe hulle seun na haar kyk en hoe besorg hy oor haar gemak is, kyk hulle na mekaar en knipoog.  Dit is vir almal om hulle, duidelik hoe gek Dominiq oor haar is.  Dit is net sy wat blykbaar onbewus is daarvan dat al die familie wat hulle saamgesien het, besluit het sy is die vrou vir Dominiq.  Dit is nie net die feit dat sy en die kinders al drie vlot Italiaans praat wat hulle so gewild maak nie, maar die feit dat niemand Dominiq in jare so ontspanne en gelukkig gesien het nie.  Twee dae voor Dominiq se niggie Marcela se troue bring almal ‘n piekniekmandjie en gaan by die gewilde piekniekplek Villa Borghese langs die Piazza del Popolo kuier.  Dominiq is die hele oggend half gespanne en terwyl die kinders gaan swem, sit hy en Ariana op die patio.  Hy lees ‘n koerant en sy skets.  “Dominiq, kan ek met jou gesels oor iets?”  Hy kyk op van sy koerant maar sy sonbril verberg sy oë.  “Jy weet jy mag cara, is daar iets wat jou pla?”  Sy weet nie of sy nou maar net moet deurdruk en of sy moet los nie.  Ag wat de hel, hy kan ons net op die eerste vliegtuig sit terug Suid-Afrika toe.  “ Ek hou jou nou al ‘n rukkie dop. Daar is iets fout is daar nie.  Jy is onrustig, is ek en die kinders die oorsaak?  Is ons besig om jou vakansie op te mors?”  Sy kom nie verder as dit nie.  Hy gooi die koerant op die tafel en skiet sy sonbril ook neer.  Sy kan sien hy is woedend, sy oë blits en die geel vonke is duidelik in sy oë te sien.  “Moet dit nooit weer dink nie, wat nog te sê noem.  Jy en die kinders kan my nie pla nie, want ek wou julle hier gehad het.  Ek geniet elke oomblik saam met julle.  Maar jy is reg, daar is iets en ek weet nie hoe om jou daarop voor te berei nie.  En dit maak my magteloos voel, en dit is nie ‘n gevoel wat ek ken nie.”  Ariana is skoon verbaas oor die ontboeseming.  Dit moet iets vreesliks wees as Dominiq dit nie kan hanteer nie.  Nou hoe nou gemaak.  “Dominiq, jy van alle mense is nooit magteloos nie.  Ek kan my nie voorstel dat daar iets is wat jy nie kan hanteer nie.  Vertel my dan kyk ons of ek kan help of ek ‘n oplossing vir jou kan help kry.”  Hy kyk so lank en so snaaks na haar dat sy begin twyfel of sy hom wel sal kan help.  “Cara wat ek nagelaat het om te noem is dat Marcela se verloofde, ook Lucille se neef is.  Sy sal dus verseker ook by die huwelik wees, maar daar is net so groot kans dat sy by die piekniek kan opdaag vanmiddag.  Ek wil jou nie blootstel aan haar skerp tong nie.  Sy sal jou nie met vrede laat solank sy weet jy is saam met my in Italië nie.  Sy sal allerhande lelike aannames maak en as jy weer sien is daar ‘n vieslike storie in al wat koerant is.  Sy is ‘n slegte verloorder en ‘n manupileerder van die eerste water.” Sy besef dis ‘n dilema vir hom.  Daar is net een uitweg, sy sal wegbly van die troue en piekniek af, as dit dinge vir hom makliker sal maak.  Niemand sal dit snaaks vind as sy peetkinders alleen saamgaan nie.  Sy glimlag nou op haar mooiste en dapperste vir hom, maar sy kyk hom nie in die oë nie.  “Ag maar dis maklik Dominiq.  Ek bly net weg van die piekniek af en jy en die kinders gaan oormôre ook alleen na die troue toe.  Dis mos nie die einde van die wêreld nie.  Hier is baie vir my om te doen.  En ek is nie alleen nie, Clare is mos hier.”  Sy weet wat dit van haar gaan vra om te bly.  Daardie fantastiese groen en swart ontwerpersrok sal saam met haar net so teruggaan Suid-Afrika toe sonder dat sy dit gedra het.  Maar as dit dinge vir Dominiq makliker maak sal sy dit net moet doen.  Nou eers sien sy dat Dominiq lyk of hy gaan ontplof.  O hete, wat nou?  Sy dog sy help hom en nou lyk hy skoon befoeterd.  Dominiq lê oor die tafel na haar toe, sy gesig is byna teen hare en hy praat bedrieglik sag vir ‘n man wat so kwaad lyk.  “Luister en luister baie mooi wat ek sê Ariana.  Daar is nie ‘n manier wat jy gaan bly nie, nie vir vandag se piekniek nie en nie vir die troue nie.  Want dan lyk dit of ek jou wegsteek en dit is die laaste ding wat ek wil doen.  Jy hoort aan my sy, saam met jou kinders.  Ek is net bang sy is onaangenaam met jou en ek weet jy haat scenes soos Kiara dit noem en scenes is Lucille se kos.”  Ai Dominiq, dat jy nou kan bekommerd wees oor hoe ek jou ex gaan hanteer.  “Dominiq, ja ek haat scenes soos jy dit stel, maar ek is ‘n volwasse vrou en ek dink darem ek sal myself kan handhaaf sonder om naam weg te gooi.  Moenie jou oor my bekommer nie.  Ek sal ook onder geen omstandighede ongeskik wees of Lucille te nakom nie.  Ek weet hoe om my te gedra, selfs in katterige geselskap.”  Dominiq kyk haar nou ondersoekend aan.  Daar is steeds iets wat haper uit haar en Christopher se huwelik, iets wat hy weet hy behoort te weet alvorens hy haar intens begin die hofmaak.  Iewers lui ‘n klokkie van iets wat hy jare terug gesien of gehoor het, maar dis of sy geheue net nie wil saamwerk nie. 
Die tuine van Villa Borghese is so mooi, Kiara wil net fotos neem en Ariana se hande jeuk om ‘n paar sketse te maak.  Maar sy sal miskien gou more wegglip hiernatoe vir ‘n paar sketse.  Baie van die familie is reeds daar toe hulle daar aankom en Dominiq is lus en breek sy neefs se nekke met hulle wolwe fluite en aanmerkings.  Dit is egter sy neef Luigi wat die spyker op die kop slaan toe hy hom later eenkant roep.  “Dominiq ek moet jou komplimenteer.  Hierdie is die mooiste van al die vroue met wie jy nog uitgegaan het, van buite sowel as binne.  Sy is iets besonders en as ek jou so kyk weet jy dit.  Hoop nie jy wag te lank om hierdie een joune te maak nie.  Maar as ek haar reg opgesom het, het sy seergekry, diep seergekry en dis een of ander man wat vir daai seer gesorg het.”  Nou werk Dominiq se verstand eers oortyd.  Wat de hel kon in haar lewe gebeur het waarvan hy nie weet nie.  Hulle was tog baie hegte vriende al die jare.  Hy het iets gemis en dit begin al hoe meer lyk of dit belangrik kan wees in sy poging om haar die hof te maak.  “Ja Luigi jy is reg, sy is definitief dié een.  Maar sy is nie so maklik oortuigbaar nie en ek weet nie as Lucille vandag of oormore hier opdaag of al my planne met Ariana in die wiele gery gaan word nie.  Na ses jaar dink ek darem sy is oor Christopher se dood, maar daar is iets wat haper uit haar verlede en dis soos jy sê, sy het seergekry.  Die probleem is ek en hulle was baie goeie huisvriende al die jare en ek kan nie dink wat dit is wat ek gemis het nie.  Hulle huwelik het op die oog af idillies gelyk. Ek het hulle nooit sien baklei nie, maar soms was daar iets in die atmosfeer wat my ongemaklik laat voel het.  Die kinders is baie goed gemanierd, Christopher en sy was al die jare getrou aanmekaar.  Daar was nie sprake van mishandeling nie.”  Nie Luigi of Dominiq het Lucille sien aankom waar hulle half eenkant staan nie.  “mmmm...... wys jou hoe sleg het jy jou vriende geken.   Hallo Dominiq, nog net so seker van jouself as sestien jaar terug sien ek.”  Sy lê vorentoe en gee hom die gebruiklike kus op elke wang en ook vir Luigi.  “Hallo Lucille, wat bedoel jy met ek ken my vriende sleg?”  Sy glimlag maar laat hom regtig aan ‘n groot kat dink wat enige tyd die muis gaan bespring.  “Ag caro mio, kom ons sê maar net Christopher was nie die vriend of eggenoot wat jy geglo het hy is nie.  Hy het nie verniet geglo jy het ‘n sagte plekkie vir sy vrou nie.  Hy het ook geglo sy maak ogies vir jou.  En ek sien hy was nie verkeerd nie, want hier staan sy in lewende lywe in Italië aan jou Pa se sy.”  Dominiq weet sy gaan die middag baie onaangenaam maak, hy sal moet optree anders gaan Ariana seerkry.  “Lucille, ek sal dit waardeer as jy nie insinuasies maak nie.  Ons is hier vir Marcella se piekniek en jy gaan dit nie onaangenaam maak vir enige een nie, of ek sal jou persoonlik van hierdie perseel af gooi. Verstaan ons mekaar?”  Die glimlag het nou verdwyn en dis haat wat hy sien op haar gesig.  “Ek kan my gedra, die vraag is of gaan jou platvloerse afrikaanse vriendin haar gedra.”  Sy swaai om en stap weg.  Luigi fluit saggies.  “....my liewe neef, ek kan nie glo jy was met haar getroud nie.  Soveel haat het ek lanklaas op iemand se gesig gesien.”  Hulle begin aanstap na waar Ariana en Don Mauritzio staan.  “Dank Vader ek is klaar met haar in my lewe.  Klink my net sy weet meer van Christopher en Ariana se huwelik as ek.  Dis eintlik vreemd, sy het nie regtig by hulle aan huis gekom nie.  Hy was vir so ses maande haar prokureur tot sy besluit het hy is nie goed genoeg nie.”  Don Mauritzio is net besig om heerlik te lag vir iets wat Ariana sê toe Lucille skielik voor hulle inbeweeg.  “Hallo Don Mauritzio, ek sien jy vind jou nuwe aspirant skoondogter se geselskap amusant.”  Sy ignoreer Ariana openlik en wil die Don op elke wang kus, maar hy tree agteruit.  ‘n Meer openliker manier van afkeuring en verwerping kon hy haar nie bewys het nie.   Don Mauritzio word bleek van woede en min weet hy sy volgende woorde klink of dit uit sy seun se mond kan kom.  “Jy is nie welkom nie, jy word slegs geduld omdat jy die bruidegom se eie bloedniggie is.  Ek waarsku jou egter dat indien jy enige iets sê of doen wat aanstoot gee, ek jou sal laat verwyder van hierdie piekniek af.  Jy bly weg van Ariana en haar kinders af of jy sal dit berou.  Gaan en groet jou familie en bly weg van myne af.”  Die Don maak nooit dreigemente so openlik en kliphard nie.  Daarom verstaan almal hoe hy oor Lucille voel.  Dominq het doodstil agter Ariana bly staan en nou tree hy vorentoe vat haar aan die hand en sy pa aan die arm.  “Kom ons drie gaan sit ‘n bietjie daar by Mamá en die ander, dan drink ons ietsie.  My keel is nou baie droog.”  Hy voel Ariana bewe maar hy sê niks.  Hy en sy gaan sit op die gras by die ander jonges en kinders terwyl die Don langs Ada gaan sit en wag dat die jonges vir hulle iets ingooi om te drink.  Almal maak of niks snaaks gebeur het nie en kort voor lank kan hoor en sien vergaan soos daar piekniek gehou word.  Dis eers teen laatmiddag dat Ariana opmerk Lucille sit nie meer by Marcella hulle nie.  Sy sien haar egter nêrens nie en is eintlik bly.  Marcella se aanstaande skoonpa Tio Anthony het kort na Lucille gaan sit het, na Don Mauritzio gekom en omverskoning gevra vir sy susterskind se gedrag.  Dit moes vir hom niks lekker gewees het nie.  Kiara het vir haar Ma gekyk en groot oë getrek, maar Ariana het net haar kop liggies geskud.  Gelukkig het haar uitgesproke dogter nie ‘n woord gesê nie en wat ‘n verligting was dit nie.  Moeg van die lang dag se piekniek en spanning wil niemand die aand iets eet nie en besluit om maar vroeg te gaan lê.  Die kinders sê vaak-vaak nag en verdwyn met die trappe op, maar toe Ariana wil volg hou Dominiq haar terug aan haar arm.  “Cara, hoekom stort jy nie en dan kom drink jy ‘n laaste ietsie in my studeerkamer nie?  Jy kan net so in jou nagklere kom, hier is niemand wat sal kapsie maak nie.”  Dit klink lekker, en dalk help dit haar bietjie ontspan voor sy gaan slaap.  “Nou goed, sien jou oor ‘n rukkie....dankie.”  Na ‘n verfrissende stort stap sy af met die trap na Dominiq se studeerkamer in ‘n lang turqois satynjapon met bypassende pantoffels.  Met geen grimering en hare nog opgesteek en klam na die stort lyk sy veel jonger en slaan sy omtrent Dominiq se asem weg.  “Kom in Ari en kom sit.  Dit was ‘n lang besige dag, ons kan net sowel’n bietjie ontspan voor ons gaan slaap.  Ek het iets van alles hier, wat wil jy drink?”  Sy huiwer ‘n oomblik voor sy antwoord.  “Konjak asb?”  Hy skink vir hulle altwee in en neem langs haar op die sofa plaas.  Heeltemal te naby na haar sin, maar nou ja.  Hulle sit ‘n hele rukkie so voordat hy praat.  “Dit is omtrent salig nê.  Ek sal net so kan agteroor sit en aan die slaap raak.”  Sy kry groot lag as sy dink hoe seer sy nek sal wees van so slaap.  “Nee ek dink nie dit gaan vir jou lekker wees as jy wakker word nie.  Jy is heeltemal te groot vir so regop sit en slaap.  Jou nek sal skoon uit lit uit wees.”  Hulle gesels oor alles en nog wat en dis amper ‘n uur later wat hy sien hulle is altwee klaar met hulle drankies en staan op.  “Nou maar kom, dan is dit tyd dat ons gaan slaap. Ek wil regtig nie met ‘n seer nek rondloop nie.”  Hy trek haar aan haar hand op, maar los nie haar hand nie en stap ewe ongeërg op met die trappe.  Voor haar kamerdeur, kom hy tot stilstand.  Trek haar nader en soen haar behoorlik waarna hy haar dadelik laat gaan.  “Nag cara mia, lekker slaap.”  Hy draai om en loop weg sonder om weer om te kyk.  Sy is te verstom vir woorde.  Daar soen hy haar alweer en loop weg asog dit niks is nie.  Dekselse mansmens. Hy doen aanmekaar sulke goed en krap haar om, maar lyk nie self asof dit hom enigsins pla nie.

Scarlatti's boek1 Tweede Kans Vir ArianaWhere stories live. Discover now