Jou vingers streel
saggies oor my rug
Ek weet
dis net tydelik
dat ek soos die voel
Jy lê styf teen my
en sê jy's lief vir myDonker dae hou nie
Jou lippe beweeg teen myne
en wys jy het my lief
Jou arms omhuls my
Vol liefde
Jy maak my vergeet
van als wat my opvreetDonker dae hou nie
Dis gou 'n nuwe dag
Die son skyn weer
en ek voel gelukkig
Jy ondersteun my
deur dik en dunLiefde gloei binne my
Ek't geweet die slegte tye
gaan vinnig verby
YOU ARE READING
Klein Dinge
Poetry[Updated 2023] "Ons is klein dinge, maar jy is steeds groot vir my." Gedagtes vanuit die siel. Klein Dinge is ook bekend as "Sinnelose Dae" vanaf my ander profiel by @SofiaSeSkat