Die dag toe sy bloei.

3 0 0
                                        

Ek het by my grootouers geleer wat ware liefde is.

Van grap-gat Oupa Baas wou Ouma Meisie eers niks weet nie.

Hulle was in dieselfde klas op skool en ou Hardus van der Berg kon vir klein Katrien Mostert net nie uitlos nie.

Waar ookal sy gegaan het was hy met 'n blommetjie in sy hand of 'n grappie in sy sak.

Die dorps mense het vir Katrien beskryf as die vlam, en dit was nie net as gevolg van haar sagte rooi hare nie.

Ou Katrien was glo 'n baie onaangename mens.

Nou die vraag op almal se gedagtes was, waarom?

'n Suis in die wind het bevestig dat dit haar huis omstandighede was, maar volgens die dorpsmense was die lewe in Diamantvalei ongeskonde en alles was mos stabiel.

Niemand het besef wat reg onder hulle neuse aan die gang was nie.

Niemand het die blou kolle op haar klein wit knieë, of die duidelike hand merke op haar voorarm gesien waar haar pa haar so paar aande gelede uit wit woede en dronkenskap gegryp het.

Niemand.... behalwe Hardus.

Katrien se ma was al twee jaar oorlede toe haar pa sy frustrasies vir die eerste keer op sy enigste dogter begin uithaal.

Al sy frustrasies.

Só 'n las is maklik om raak te sien aan 'n sewentien jarige dametjie maar Vlam Katrien het dit hanteer deur vir Hardus oor die kole te haal.

Baie het dit beskou as die tipiese uitbarstings van 'n rebelse tiener dogter maar Hardus het dit gesien vir wat dit werklik was.

Dit was die desperate uitroep van haar swaar hart.

Hy wou haar so graag help maar met elke konfrontasie oor haar emosionele uitbarstings het sy gesê: "Nie almal met bloed op sy klere is gesny nie."

Hardus kon dit nie aanvaar nie.

Sy was nie net besig om te bloei nie maar ook besig om uitmekaar te skeur.

Hy moes haar help, al sien sy dit nie raak nie.

Vir maande daarna het die dorpsmense gefluister oor die van der Berg seun wat vir Katrien elke middag na skool huistoe gevolg het en eers terug gekom het wanneer die straatligte aankom.

Een Donderdag in November het onrus en onsekerheid uitgebroei met die arrestering van Siegert Mostert.

Die patogeniese skinderstories het in kolonies aan geteel.

Wat het Woensdag middag gebeur toe Hardus vir Katrien huistoe gevat het?

Waarom is Hardus se vuiste stukkend geslaan?

Waarom is Katrien in die hospitaal op geneem?

Elke persoon het sy eie weergawe van die storie, maar net Hardus en Katrien weet wat werklik gebeur het.

Liefde is om die risiko te neem en om op te offer. 

Liefde is soos n landstreek. Ongeskonde en soms onstabiel.

Has llegado al final de las partes publicadas.

⏰ Última actualización: Feb 01, 2022 ⏰

¡Añade esta historia a tu Biblioteca para recibir notificaciones sobre nuevas partes!

Die Liefde Is Soos n Landstreek. Historias para obsesionarse. Descúbrelo ahora