Die Ballerina en die Mechanic

992 25 12
                                    

Hoofstuk 1

Talita sit op die bank en verf haar toon naels, pienk en nie waste pienk nie…. ‘Shocking pink’. Haar foon lui langs haar en sy tel dit op. “Talita Le Roux” antwoord sy en luister aandagtig na die persoon aan die ander kant van die lyn.

“Ja Mevrou, ek is seker ek kan vir jou dogter nog ‘n plekkie maak in my ballet klassie. Hoe oud het u gesê is sy nou weer?” sy luister weer na die mamma aan die ander kant van die foon.

 “Ja Mevrou, klas tyd vir haar ouderdom is tussen vyf en half ses in die aande.”

Talita sit die foon neer dan spring sy op van die bank af en wikkel haar boude woes.

“Take that Julliard, ek was dalk nie goed genoeg vir julle skool nie maar ek maak geld soos bossies,” dan plons sy weer terug op die bank en verf die res van haar toon naels verder. Dis nie lank nie of die foon lui weer.

“Talita Le Roux” antwoord sy weer.

“Le Roux nogal sê jy vir my?” kerm Regard aan die ander kant van die foon. Talita skater van die lag. “Soos Beyonce sing ‘If you liked it, you should have put a ring on it!” Regard lag aan die ander kant van die foon.

 “Sit jy al weer en verf jou toon naels?” vra Regard.

Talita lag “Miskien…. Hoekom vra jy?”

“Want dis al wanneer jy so ‘happy’ is” terg Regard; “So wat het jy aan?” vra hy.

“Regard!” raas Talita “Jy weet die government het luister apparate in al ons fone en rekenaars en goed en jy wil jou laf kom hou hier oor die lyn!”

Regard lag “man dan sit iemand iewers en dagdroom oor jou soos ek.” Talita gooi die foon neer en haar mond hang oop. “Mans is varke” dink sy. Die foon lui weer en wanneer Talita sien dat dit weer Regard is sug sy.

 “Gaan jy jou gedra?” vra sy dadelik wanneer sy die foon antwoord.

Regard lag “Het jy klas vanaand, ek werk dalk bietjie laat. Ek moet ‘n ‘dude’ se kar reg maak en die vervlakste parte het nou net eers hier aangekom.”

Talita sug. “So ons eet wegneem etes vanaand want hier is niemand om kos te maak nie?” vra-sê sy. “’Fine’ met my, ek sal optel wanneer ek huis toe kom. Lief jou, praat later.” Talita sit die foon neer, dan sien sy dit is ‘n half uur voordat haar eerste les begin. Sy glip haar voete in haar plakkies in, gryp haar sak en sluit haar woonstel deur agter haar ; dan hardloop sy vinnig deur die nou donker gang van hulle woonstel blok, af met die drie stele trappe na die grondvloer.

Talita sluit haar fiets oop wat sy onder aan die paal vasgemaak het ‘n uur vroeër en trap vinnig die straat af na ‘n winkel wat sy in ‘n ballet studio omskep het. Sy sluit die deur oop en stap in, dan maak sy al die vensters oop vir vars lug. Sy het nog steeds haar leotard aan onder haar sweetpak na vanmiddag se les, so sy trek dit net vinnig uit en trek haar rompie bo-oor aan.

Talita kyk vir haarself in die rye spieëls wat teen die mure haar omring; dan staan sy teen haar bar en begin op te warm en strek. Sy het twee hout pale teen haar muur een vir haar hoogte en een veel laer vir haar leerlinge van ouderdom vier tot agt jaar om by te staan en oefen.

Talita doen ballet vandat sy ‘n klein dogtertjie is. Dit was altyd haar grootste droom om Amerika toe te gaan en ballet te studeer by Julliard die wêreld bekende skool vir kunste, maar blykbaar was sy nooit goed genoeg vir hulle nie en het dit haar drome van groot ballet opvoerings reg oor die wêreld inmekaar laat tuimel.

Regard, Talita se kêrel van vyf jaar het haar gemotiveer om meer met haar lewe te doen as net kelnerin te wees en haar so gehelp om die ballet skooltjie op die been te bring. Al sou sy daarvan gehou het om net klas te gee, bring dit maar ‘n druppel in haar emmer en is sy genoodsaak om steeds as kelnerin voltyds ook te werk.

Die Ballerina en die MechanicWhere stories live. Discover now