As ek jou kan kry - Afrikaans poem

158 2 1
                                    

Jy met die glimlag

Jy wat my kneë lam maak

Jy met die groen oë

Jy wat my nie raak sien nie

Jy wat my styf teen jou druk,

maar niks kwyt raak nie.

Sal ek jou dalk nog kry?

Jou arms omvou my

Beskermend…

Tyd word vasgevang in ‘n oomblik

Jy met die glimlag

Ek wens ek kon jou kry

Dit is nou verby

Ek kon jou nie kry!

Net nou die dag

Bekruip ek hom

Sy glimlag skitterend

Sy oë blink…

Kan dit wees…

Laat ek liewer…

Maar tog ek kon…

Nee, ek kan jou nog kry!

Poetry for LifeWhere stories live. Discover now