1) Ma, ek is maar net 'n tiener!

98 4 3
                                    

Ma, ek is maar net 'n tiener!

"Wat gaan eendag van jou lewe word as jou punte nou al so lyk?" vra my ma. "Hoe gaan jy ooit weet hoe om na jouself te kyk as jou kamer so lyk?" wonder sy hardop. Elke keer kry sy dieselfde antwoord: "Ma, ek is maar net 'n tiener!"

Hier sit ek nou in my eie woonstel, in my eie kamer. Ek onthou my baba-jare waar alles vir my gedoen was. Ek onthou die foto waar my pa my gehelp het om my eerste verjaarsdag kersie dood te blaas, hoe my ma in my oor fluister: "Jy sal altyd my baba bly." Sy was reg. Selfs nou gebruik ek hulle finansiële hulp en kan ek nie alleen reg kom nie. Alles het verander, maar tog is dit dieselfde.

Ek stap deur tot in my kombuis. My oë dwaal oor die wasbak en stoof en ek word vasgevang in my kinder-jare se herineringe. Daardie tye waar ek self alles wou doen en aan almal bewys dat ek nie so klein is as wat ek lyk nie. Ek dink aan die meisie met die groot geel handskoene aan, waar sy op 'n trappie voor die wasbak skotelgoed was. Ek dink aan die meisie, wat nadat die wasgoed op gehang is, 'n huisie onder die lakens bou. Ek onthou die meisie wat met 'n groot glimlag die kaas sorgvuldig op die homemade pizza gooi. Hier staan ek nou. Ek moet nou alles self doen, ek moet nou myself bewys. Alles het verander, maar tog is dit dieselfde.

In die leef vertrek gaan staan ek voor die televiesie. My tiener-jare, waar ek niks wou doen nie en net aleen gelos word flits in my verbeelding verby. Die tye waar my oorfone my ma se stem uitgesny het, waneer die sleutel in my deur my pa uitgesluit het. Alles net om aleen te wees, nou is ek. Alles het verander, maar tog is dit dieselfde.

Ek dink weer terug aan daardie kere wat my ma amper moed op gegee het as ek geantwoord het met: "Ma, ek is maar net 'n tiener!" en in my hart bedank ek haar dat sy altyd terug gesê het: "Maar nie veraltyd nie."

Oor dit en dat.Where stories live. Discover now