2)Oupa se hande vertel ń storie.

360 3 1
                                    

Oupa se hande vertel ń storie.

Groot growe hande met krappe en skrape en merke daar gelos deur die jare. Hande wat steeds sag bly en getuig van die liefde wat dit al ervaar het en gegee het. Oupa se hande vertel ń storie.
Sy storie.

Toe daardie handjies klein was het hulle behoort aan Trompie se tweeling broer. Daardie handjies het katte kwaad aangevang, boom geklim en kettie geskiet. Daardie handjies het kleilat gegooi en osse van modder en sand gevorm. Daardie selfde handjies was deur mamma gewas en toe gepluister. Hulle het vir mamma gehelp wasgoed ophang en tafel dek en skelmpies het hulle die koekies en lekkernye onder mamma se neus uit gegaps.

As tiener het daardie hande groot en sterk geword. Alhoewel hulle nog steeds ń rowe streek het is hulle nou meer verantwoordelik. Geduren die môre het hulle die fiets skool toe gelei en vir uure op papier geskryf. Na skool het hulle na pa toe gejaag om hom te help om karre reg te maak. En steeds as hulle seerkry kan ma hulle gou-gou reg doktor, maar deur universiteit moes die hande dit self doen en het die hande selfs harder begin werk.

Na skool het die hande ń besigheid begin. Waar hulle eens met klein speelgoed stootskrapers rond gejaag het, grawe hulle nou ń tonel deur ń berg. Die hande was nog nooit so moeg en vol stof nie, maar ook geduren hierdie tyd het hulle liefde gekry en geleer by hulle lewensmaat. Soos die trokke gegroei het, het die familie ook. Met vier beeldskonedogters was hierdie hande geseën. Hulle het sag geword met elke traan wat afgevee word en elke jaar wat groot gemaak word.

Toe die hande die laaste dogter oorgegee het kon hulle al klaar hulle eerste kleinkinders vertroetel. En soos die jare verby gaan kon daardie hande weer leer waardeer. Vir sy vrou, sy kinders en sy kleinkinders kon hy liefhê, voor sorg en totsiens sê. Daardie hande wat so baie trane weg gevee het ń paar van sy eie ook afvee. Hulle het ń pa en ma verloor. Hulle het ń lewensmaat verloor. Hulle het ń dogter verloor.

Maar die hande sterk gebly, die res van sy familie gedra. Skoonseuns met ń stywe handdruk verwelkom en sy eerste kleinseun veilig ontverm. Maar selfs daardie hande moet totsiens sê en nou is dit al wat oorbly.
Die hande vertel ń storie.
Oupa se storie.

आप प्रकाशित भागों के अंत तक पहुँच चुके हैं।

⏰ पिछला अद्यतन: Nov 21, 2015 ⏰

नए भागों की सूचना पाने के लिए इस कहानी को अपनी लाइब्रेरी में जोड़ें!

Oor dit en dat.जहाँ कहानियाँ रहती हैं। अभी खोजें