2

72 7 2
                                    

Ek skrik wakker en onthou die vorige dag se gebeure. Ek spring deur die stort, trek my jean, n kortmou top en gumboots aan. Ek trek my hare in n ponie oppad stalle toe om te gaan kyk of gister se gebeure nie dalk n droom was nie. Dreams come true, Dream vir kort, soos wat ek my wit arabier merrie in my droom genoem het steek haar kop oor haar staldeur.

Wow! Nie n droom nie! Ek moet vandag vir haar n saal en toom gaan soek. Ek sal sommer op haar dorp toe ry om die saal te pas. Die dorp is so 10km van my plaas af en dit sal my so n uur vat op Dream se rug.

Ek vat sommer een van die ekstra tooms in die tack room en sit dit vir haar aan. Sy vat die bit sommer maklik. Ek klim op en begin haar in n stadige sitting trot. Shoe! Dis gemaklik! Sy het n baie mooi rug, dus is haar trot en galop baie gemaklik, veral bloots.

Na plus minus n uur kom ons in die dorp. Ek maak vir Dream aan n paal net buite All tacked up vas en stap in. n Donkerkop man stap na my en vra: "Kan ek jou help?"

"Ek is eintlik opsoek na n saal en toom vir my nuwe perd. Sy is hier buite om die saal te pas. Ek kyk gou na die saels." Se ek.

"Ek help mej. gou." Se die man en wys my na die sael afdeling.

Shoe, hier is so baie verskillende saels! Ek is mal oor almal! Maar ek verloor my hart op n English saal wat pikswart is van die politoer op hom.

"Mej. jy kry n toom gratis by." Se die man.

"Dis nou n bargain! Nou kan ek daai toom vir my broer gee, en vir my n mooi toom koop. Maar vir vandag is die saal al dankie." Antwoord ek.

Ons pas die saal en hy pas haar perfek. Ek betaal en klim op my nuwe saal. Wow! Dis ongelooflik!!! Nou het ek n nuwe perd en saal! Heerlik!

Asb comment! Ek wil weet of julle van die boek hou of moet ek ophou skryf?
Bye!!!*


Trot, canter, GOWhere stories live. Discover now