Sielsgenote

14 2 1
                                    

Saggies my vingers oor haar wang streel
Vir haar wil ek meer as die wêreld gee
'n Vriendin al vir jare in my lewe
Vanaf ons destyds ontmoet het by die see

Ek was daar met elke val en seerkry
Soms het ek self die pleisters geplak
Daar met elke geveg by die skool
En met elke ou wat haar laat na haar asem snak

Dit was net ons twee vir so lank
Met elke dorpsdag sit ons in die parkie
Onder dieselfde boom op die gras
My en haar voorletters in die stam gekerf met n hartjie

Ek het baie vrae al daardie tyd gehad
Maar diep binne was al waar dit delf
Was so deurmekaar met gevoelens
Alreeds op die ouderdom van elf

Sy was daar met elke verjaarsdagpartytjie
En elke oujaarsaand aan my sy
Kliphard musiek tot middernag
My "new year's kiss", ek vir haar en sy vir my

Hoe ouer ons raak, hoe meer het ek gevoel
Ons vriendskap was niks snaaks nie
Was ons regtig net vriendinne?
Dit voel nie so elke keer wat sy aan my raak nie

Sy het my leer van my hakkel kwyt raak
Maar as sy naby was hak ek vas met haar naam
Ek kon dit net oor en oor herhaal
Nes daardie een dronkenskap van 'n aand saam

Nooit weer oor dit gepraat nie
Maar ek onthou elke ding
Soos ek oor haar lyf liggies vat
En in haar oor saggies haar naam sing

Soveel passie het ek nog nooit ervaar nie
Sy was in my arms nes op wolke 'n godin
Ek was blind van adrenalien
Maar gawe van sig gegee om haar te bemin

Stil vir 'n dag of twee
Veral nadat dit gebeur
Weer aan die arm van 'n man
En ek wat haar troos met die opvolgende hartseer

Die gevoelens wat ek in my vir haar het
Brand van binne af
Ek wil soveel meer as net 'n vriendin wees
Om haar in 'n man se arms te gewaar is 'n totale straf

Ek was die een wat haar hande help was het
En haar veters vasgemaak het
Ek was die een wat my broodjies met haar gedeel het
En haar van boelies bewaak het

Niks van die ander ouens was daar vir haar nie
Nie met die afsterwe van haar suster
Ook nie haar ouers s'n nie
Hulle ken nie die ware sy wanneer sy nugter is nie

Ek ken haar regdeur
En sy vir my
Ek ken haar perfekte lyf ook
En daardie geboortemerk aan haar sy

Vir ewig daarna kan ek staar
Maar dalk is dit nie vir my bedoel
Dit is seker vir haar verloofde
Maar hoe keer ek wat ek voel?

Sy was my eerste vir so baie dinge
Op kleintyd speletjies gespeel soos bruid-bruid
Vir soveel jare geglo sy sal bly
En saam wegmaak van my tuin se onkruid

Die onkruid van onsekerheid
En die hartseer wat daarmee gepaard gaan
Ek wil haar vir ewig as myne hê
Maar sy gaan met 'n ander man voor die kansel staan

Ek het die trourok gekies
En nou moet ek staar na hoe dit haar lyf komplimenteer
Haar oë glinster soos ek oor haar wang streel
Haar spesiale dag maak my so seer

Voel sy oor my soos ek oor haar?
Ek wens sy kon my kies nes ek haar elke keer sou
My hele lewe is oppad na die res van haar eie
Kan ek haar vir oulaas in my arms omvou?

Sy draai met haar troutrok en beweeg uit by die deur
My sielsgenoot van my geskeur.

You've reached the end of published parts.

⏰ Last updated: Feb 29 ⏰

Add this story to your Library to get notified about new parts!

SielsgenoteWhere stories live. Discover now