Liefste Anoniem

2 0 0
                                    

-Jy weet dit nie..maar liefste anoniem dis jy,
-wat onweetend en moeiteloos my hart red
-my verstand behou deur dit nie te laat gly,
-Dis ek, wat jou geheimsinnig lief het…

-In Jou oë voel ek vasgevang
-Sonder ongemak Sonder onwilligheid Sonder dwang
-in Jou arms wil ek vergaan
-in smelt teen Jou warm liggaam,
-ek wil verdrink in jou reuk
-en in stilte my geluk preek
-Van Jou kalmte wil ek nooit ontsnap.
-Totdat my hart weereens vol tap…

-Jou rustige hartklop lei my siel tot vrede
-ń melodie van klavier op Mozambiek rivier klippies
-Onperfek, maar deeglik uitgesoek en gekies
-in my dagdroom val jy my in die rede
-Jou stem reik uit na my diepste bewussyn
-Die dele wat ek nooit self kan vind
-Die dele, wat my aan jou verbind
-wat my herhaaldelik in jou menswees laat verdwyn.

-In die skadus bewonder ek Jou
-Daar waar jy my nie sal sien nie
-Daar waar ek sal wegkruip vir nou
-Want, liefste anoniem, jy sal nooit weet nie.

HartDonde viven las historias. Descúbrelo ahora