Dit was die eerste keer wat ek regtig die sommer son so gevoel klits het op my gesig terwyl ek plat op my rug op die verbleikte gras lê.
As jy my 14 maande terug gevra het wat ek vandag sou doen, sou my antwoord gewees het….Ek sou tien teen een in my graf gewees het. Of ek sou net plain weg elkedag my blou kolle probeer toe smeer het. Ek weet nie eers presies waar het dinge begin skeef loop nie. My storie begin so ongeveer amper twee jaar terug. My ma het die kombuis binne gekom met n ou riet mandjie vol vars geplukte tamaties uit haar eie klein groente tuin, ons was nie van die skatryk mense teen die bult nie, party dae sal ek so na die koppie staar en dink wanneer is dit ons beurt, wanneer is dit My beurt ? hoekom werk ek my gat af net om van hand na mond te leef, dis nie fair nie. Lallie my kind kom my ma se woorde soos n mes deur die dag droom gesny “Mammie? Is alles okay” ek hou nie van haar stem toon wat sy gebruik toe sy by die deur in kom nie . sy stress alweer “Dit is die laaste tamaties, ek kan die helfte gebruik vir tamatie jam, en die ander vir die kerk skenk vir die basaar “ Ai my moeder, “die liewe vader gaan jou nog so seën jy sien om vir almal se behoeftes” my sluk haar trane en omhels my “ My liewe kind die here het my klaar geseën die dag toe hy my jou en jou suster gegee het” sy het haar vriendelike glimlag gegee en my n soen op die wang geplant . Hoe lief is ek net nie vir my Ma nie..
Ek het nog so rukkie gestaar uit die venster uit, en terug geloop in die gang af, verby my suster se kamer deur dit is net daar waar ek vas steek in sy spore toe ek dit hoor, snikke so hard soos die kerk se orrel
“ Nakie vra ek “ , Nakie was nou natuurlik nie haar regte naam nie, dit was Nicolien maar sy was altyd die snaakse ene tot so 5 jaar terug met die dood van my Pa van daar af kon sy net nooit die sprankel terug kry nie maar ons het nooit op gehou vir haar Nakie se nie dit is wie sy was.
“Nakie is jy okay,,, hey praat met my het iets by die skool gebeur ?” sy het net daar gelê en nie n woord gese nie, ek wou om draai en loop.
“Lallie!” “ja Lallie die kinders is lelik met my, hulle se ons vreet die kerk se kos op !”
“Nakie moet jou nie steur aan die stupid mense in jou skool nie hulle is almal pateties, wie het dit gesê , ek kan net raai daai Christelle ? “ Nicolien skud haar kop en sak hom simier toe sy my reaksie sien “So gedink fok weet sy nè , moenie so vir my kyk nie Nakie se jy vir daai gat kruiper ons is ryker in liefde as wat sy is met haar ouers se geld”
“Dankie Lallie , dankie dat jy luister, dat jy altyd daar is vir my en Mammie”
“Nakie jy is my alles jy weet dit, toe nou vee daai trane af en kom help my gou n outfit kies vir more”
“wat gebeur more? “
”Ek het n werk onderhoud, as ek hom kry hoef ek nie meer by die welsyn te werk nie dan hoef ek nie meer wasgoed of ander mense se skottelgoed te was nie.”
Nakie het my gehelp n outfit kies vir die volgende dag, ek het geld weg gebêre vir die volgende dag vir Bus, na die outfit hunting het ons gaan tafel dek vir ete, ons gebede gedoen en ons hemelse vader gedank vir die bord kos, Na dit was dit was en bed to.
Ek het die hele aand rond gerol, kon nie slaap nie, baie aande lê ek en rol rond en wonder wat as my ma nie op 17 swanger geraak het nie waar sy nou al sou wees , as gevolg van my kon sy nooit universiteit toe gaan nie, en dit is n jammerte my ma het soveel potensiaal maar nou moet sy op 40 sukkel om n 23 jarige en n 16 jarige aan die lewe te hou Die volgende oggend was die wekker gestel vir twintig voor vyf, vroeg opstaan en klaar maak, toe ek af gaan om die ontbyt goed reg te kry sodat wanneer Nakie opstaan vir skool alles sal gereed wees, Tot my verbasing was dit klaar alles gereed en my sus en ma sit saam aan tafel en bid, “ons Abba Vader, almagtige Here, gaan vandag saam my kind Lallie……”
Ek kon nie verder luister nie, die trane het opgestoot en ek moes hol vir n badkamer as ek nie vandag reg kom nie dan stel ek die twee mense wat my die meeste lief het en vir wie ek enige tyd sal sterf teleur. Na ek klaar is in die badkamer, het ek terug gegaan kombuis toe
ESTÁS LEYENDO
Net Lallie!
Ficción GeneralHoe maak jy as jou geloof begin wankel, wanneer die duiwel om elke hoek en draai wag? Jy vind uit die lewe is n gejaag jy leer die moeilik van die lewe, jy ervaar die seer maar soos Dominee se dit maak jou n sterker persoon. Maar vir Lallie Grobler...
