Saggies Verloor Ek Myself

8 0 0
                                        

Saggies sak my moed in my skoene.
Saggies klap my gedagtes my terug.
Saggies verloor ek myself in hierdie stilte.
Saggies wen die trane die geveg.

Verloor die gevoel.
Verloor die gedagtes.
Verloor die hoop in jou hart en
Verloor die idee dat jy 'n regte man is.

Ek verdwaal in my kop en
Ek wens vir die martel om te stop.
Ek mis die liefde wat
Ek nog nooit vir myself gehad het nie.

Myself... Die
Myself wat niks reg doen nie. Die
Myself wat nie weet wie hy is nie, maar die
Myself wat soveel sterker sal terugkom.

Softly I am forgetting myself /Saggies Verloor Ek MyselfStories to obsess over. Discover now