Die vorige aand se gebeure bly draai agter sy oë terwyl hy na die wit plafon van sy kamer staar. Flitse van die donker oë wat van onder die blinddoek pleitend na hom
opstaar en die onbekende trek en draai gevoel wat dit in sy bors laat ontstaan het,
het hom roerloos vasgenael op sy bed.
Die idee van slaap tot nietigheid verbrokkel onder die gedrewe voete van sy gedagtes. Hy sug in frustrasie en trek sy ongewillige lyf op todat hy met sy knieë teen sy bors sit. Hy kan nie verstaan hoekom dit hom so pla nie.
Hy was gereed en selfs opgewonde on die nuweling saam met die trop graad 8's in die duisterde tonnels af te stuur. Hy het gehoop dit sal daardie houding van hom afbreek, maar daar het iets
binne hom verander.
Toe die ander matriek seuns hom vasgryp en die blinddoek om sy kop vasbind terwyl hy in hulle greep draai en probeer ontsnap het hy met n wrede glimlag hulle aanskou. Hulle gejuig en aanporing het om hom versag en verdwyn binne sekondes
toe hy oogkontak maak met die nuweling. Voor hy sy aksies kon deurdink het hy klaar die ou se arm gevat en hom uit die duisternis getrek.
Hy sug weer en vryf sy hand oor sy gesig. Sy foon vibreer langs hom op die bedkassie. Die skerm flikker aan en n boodskap van Nicole dryf onder die wit nommers wat die tyd at 2:31 aandui. Die boodskap bestaan uit n string rooi hartjies.
Sy uitdrukking trek liggies na n frons. Hoekom was sy nog wakker die tyd van die aand? Hy antwoord nie en plaas sy foon terug op die kassie soos hy opstaan. Die hemp wat hy vroeër uitgetrek het lê steeds op die vloer langs sy bed. Hy oorweeg dit
maar besluit daarteen, omdat niemand wakker is om sy uitstappie badkamer toe te sien nie.
Gang af, badkamer in en weer uit binne n paar minute. Oppad terug na sy kamer toe, verby die donker toe deure van die ander seuns, hoor hy die geringste geluid. Hy stop dadelik. Stilte. Hy staan vir nog n oomblik voordat hy besluit om weer te
beweeg, vinniger in die rigting van sy kamer. Hy beruik sy deur in rekord tyd en maak om die deur hastig toe te maak sodra hy oor die drimpel is. Sy oë gly onbewustelik uit oor die gang en val op die dowwe lig wat uit n deur aan die oorkant van die gang straal. Die deur is op n skrefie oop en twee donker oë staar terug na hom. Oomblikke lank staan hy voordat hy die deur heeltemal toe maak.
* * *
Die bier in sy hand voel skielik swaar en onnatuurlik soos hy teen Eckhart se lessenaar leen.
"Hacking?" Vra hy verbaas. "Soos in die movies?"
Eckardt grinnik en skuif sy stoel meer kant toe sodat Greg op die rekenaar skerm kan sien. Hy klik in by die internet simbool en tik n string woorde in soos hy praat.
"Die 'movies' maak hackers altyd sleg lyk, maar hackers help dikwels maatskappye om hulle websites veiliger the maak."
Hy kyk vlugtig terug na Greg wat onwetend nog die heeltyd na hom staar.
"Ek kan jou n paar goed wys." Sy stem lig en uitlokend.
Greg kyk weg vir n oomblik, die mat bleikbaar meer belangrik terwyl hy probeer dink. Iets in sy maag trek toe hy terug kyk na die donker oë wat ingestel is op hom. Dit is net die opwinding van iets nuuts probeer soos sy 'extreme sports'. Hy knik liggies in samestemming.
Ja, dis all.
Toe hy laat nag weer terug na sy kamer sluip en neersak op sy bed voel hy, hy kan weer asemhaal.
Hoekom?
Hy is te moeg op die oomblik om die vrae wat hom rond volg the antwoord. Sy brein voel asof dit kan bars met all die nuwe informasie en opwinding wat van die hacking
af kom. Die vorige paar ure se gebeure flikker stadig voor sy oë verby. Die glimlag wat oor Eckhart se gesig getrek het nadat Greg, uit eerlike verbasing, n sagte "jy is ongelooflik" tussen sy lippe laat ontsnap het, het vasgebrand gebly aan die voorkant
van sy geheue. Hy besef eers nou dat hy sekerlik van oor tot oor rooi was terwyl die situasie probeer regstel het.
Hy sug swaar en draai sodat hy na die dak kan staar. Hy voel moeg maar tevrede. n Klein bietjie gelukkig vir die eerste keer in n lang tyd.
YOU ARE READING
Onderwêreld: Van Dig tot Dom (Eckardt x Greg)
FanfictionThis story is written by my amazing partner, but I have permission to post it so here you go !!
