agt ander rympies (the translated poems in the original afrikaans)

500 16 24
                                    

Bloed vloei in stilte (met apologie aan Vincent Oliphant)



Bloed vloei in stilte

In my kop.

Bloei in joune.



Ons pols bloed

In heerlike sirkels.

Speels,

Spils soos 'n tol,

Spoel oor mekaar

Selde stil

Selde saam.

Bekend

Bevry

Baie bly.



Skugter.

Soms seker, selfs.



Bloed in ons oë.

En jy.

Bloed in die are links van iewers

En jy in my kop.



Bloed woed in stilte

Wond in die pyn.

En jy bloei

En ek bloei.

Rivier in vloed.

Ons pyn is groot en diep

Geen genot

Beur deur ons rowe

Ek soek asem vir twee.

(Ek dag ek kon.)



Tevergeefs.

Tevergeefs.



Gek,

ek.





Bloed vloei in stilte verder...









Nota



Hoe klein dan is dié dokument.



En te min die alfabet en

Te min simbole geinsert.

Met te min gigs,

(Net so vèèl bites.)



Te min die woorde

Wat my laat verstaan.

Te veel die stilte en

Te gedaan die niks en niks.

Ek raak minder en verdwyn

Tot pyn en skadu wat min weeg.



Ek voel planete kwyn.



Het jy teen hierdie tyd

Ook 'n gedig gebaar?









futiel



ek sien my woorde pyn

op 'n maagdwit blad.

vlymkreupel.

met geen sin.

dog soos asem, moet.



pak ek letters in 'n ry,

geen lyne.

joune sien ek in 'n skyngroet

te min vir my.



en vlakby

kla my stilte elke dag,

hoe gemaak met diè

vrag van my wat elke oggend wag

om swaar te word soms,

anders, ligter as 'n luim.



ek spartel deur die dag

getrou aan gedagtes

wat my aankla met soveel

krag vir more.







akuut



gods water oor gods akker

omkeer deur die dag

inside out met my binne buite

hart loop

drafstap

langs my

effens vooruit vol drif



so seker.



so onseker.



so ons.



so.

You've reached the end of published parts.

⏰ Last updated: May 06, 2013 ⏰

Add this story to your Library to get notified about new parts!

eightWhere stories live. Discover now